Sprei jou vlerke met dié webwerf

Foto: www.justgo.co.za

ʼn Splinternuwe webwerf, die eerste van sy soort, onderneem om jou binnelandse reise nou heelwat te vergemaklik deur jou in staat te stel om die pryse van vlug- en buskaartjies na ʼn bepaalde eindbestemming met mekaar te vergelyk.

Dié webwerf, justGO, stel reisigers op die eenvoudigste manier nóg in kennis van spesiale aanbiedinge en die goedkoopste maniere om van een plek na ʼn ander te kom. Die beste van alles is boonop dat jy jou reis ʼn aand of selfs ʼn uur voor die tyd kan bespreek.

Suid-Afrika se grootse bus- en lugdiensmaatskappye word op die webwerf verteenwoordig, wat beteken dat reisigers steeds met hul maatskappy van keuse kan reis. Van die gewildste vervoermaatskappye beskikbaar op die webwerf is onder meer Intercape, Greyhound, City to City, Translux, Mango, Kulula, SAA en FlySafair.

“Die prys wat op jou skerm opduik is die prys wat jy betaal – daar is nie ekstra verskuilde koste soos kredietkaartfooie nie,” lui ʼn verklaring van die maatskappy.

Dié webwerf verseker ook dat jy nie meer van webwerf na webwerf hoef te gaan om die goedkoopste kaartjies – hetsy vlugkaartjies of buskaartjies – op te spoor nie.

Talle spesiale aanbiedinge is nog tot einde September beskikbaar. Besoek die justGO-webwerf. Die diens is 24 uur per dag beskikbaar. Jy kan ook ʼn e-pos stuur na [email protected] of 087 1111 330 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.