Tien toproetes vir stappers

Stap

Foto: Pixabay.com

Is jy ‘n kranige stapper? Elbé van Heerden van Lekkeslaap het ʼn lys van tien móét-staptoere saamgestel met ʼn beskrywing van elke staptoer. Sy meen dié roetes is net vir gesoute stappers:

  1. Fanie Botha-staproete
    SabieMpumalanga

Die Fanie Botha-staproete is een van die bekendstes in die noorde van Suid-Afrika.

  1. Magoebaskloof-staproete
    TzaneenLimpopo

Dié staproete het ook ’n verskeidenheid opsies om van te kies; van een tot twee uur lange roetes tot daguitstappies. Dié vyfdagroetes is definitief vir die meer gesoute stapper, maar bied ’n ongelooflike wegbreekkans vir avonturiers.

  1. Die Otter-staproete
    TuinroeteOos-Kaap

Die Otter-staproete is seker een van die heel bekendste roetes in Suid-Afrika, maar glad nie die enigste een in dié omgewing nie.

  1. Oorlogskloof-natuurreservaat
    Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Dié lekker uitdagende roete is 52,2 km lank en kan as ’n vier- of vyfdagstap gedoen word.

  1. Amatola-staproete
    HogsbackOos-Kaap

Dié 100 km lange roete is uiters uitdagend, en selfs gesoute stappers is baie versigtig om dit aan te pak. Dit sal jou ses dae neem om te voltooi.

  1. Giant’s Cup-staproete
    Maloti Drakensberg ParkKwaZulu-Natal

Die Giant’s Cup-staproete is ’n vyfdagstap in die suidelike deel van die Maloti Drakensberg Park. Die roete strek oor 60 km en jy klim tot 2 000 m bo seespieël.

  1. Vredefortkoepel
    VenterskroonVrystaat

Hierdie wêrelderfenisgebied is ’n unieke ervaring en jy kan dagroetes aanpak of die tweedagroete aanpak en in jou tent oornag.

  1. Suikerbosrand-natuurreservaat
    HeidelbergGauteng

Dit is een van die minder bekende roetes, maar lekker naby vir die stadsjapies van Gauteng.

  1. Golden Gate
    ClarensVrystaat

Moenie dink die Ribbok-staproete is maklik omdat dit net twee dae lank is nie. Hoewel dit ’n moeiliker roete is, is dit beslis die moeite werd om die ongelooflike uitsig oor die Vrystaat en Lesotho te aanskou.

  1. Walvis-staproete
    BredasdorpWes-Kaap

Die Walvis-staproete is soortgelyk aan die Otter aangesien groot dele langs die kuslyn gestap word.

Besoek gerus Lekkeslaap se webwerf hier vir Elbé se volledige berig en bespreek sommer jou slaapplek ook wanneer jy een van dié staproetes gaan aandurf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Realis ·

Die Amatola roete is volgens my persoonlike ondervinding een van die meer uitdagende roetes maar ook een van die belonendste in terme van diversifiteit van die omgewing. Grasvlakte, klowe, kranse en beide inheemse uit uitheemse woude. As jy gelukkig is soos ons mag jy dalk ‘n luiperd of twee sien. Wees egter daarop bedag dat jy aan ‘n redelike fiksheidsgraad moet voldoen anders gaan pyn en lyding jou metgesel wees vir ‘groot deel van die roete.
Magoebaskloof roete is hoofsaaklik in die bos maar tog die moeite werd.

vincent ·

Moenie om ‘n geweer byderhand te he vir enige aanvalle…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.