Trafalgar se kluitklaplysie vir die vakansie

Ysland Foto: Trafalgar

Ysland Foto: Trafalgar

Daar is min dinge wat mens so depressief kan maak soos groepfoto’s (“onsies”) van vriende en familie op hulle eksotiese vakansies. Veral as jy self met Jan Tuisbly se karretjie ry.

In die komende jaar is dit egter nie nodig nie, sê Liesa Bisset, Trafalgar Global se produkbestuurder. As ʼn Suid-Afrikaner, wat deesdae in Genève woonagtig is, weet sy waarvan Suid-Afrikaners sal hou en is die volgende bestemmings haar top keuses vir 2016.

Ongelooflike Ysland

Ysberg Foto: Pixabay

Ysberg Foto: Pixabay

ʼn Ongewone bestemming, wat nie baie Suid-Afrikaners besoek nie, is die onbeskryflike eiland van Ysland. Liesa beskryf die ongelooflike geografie van Ysland as “niks anders op aarde nie”. Op hierdie eiland kan mens uitsien na pragtige gletsers, lawa-formasies, fjords en baie vriendelike en spitsvondige plaaslike inwoners.

Hierdie toer is ‘n nuwe toevoeging tot Trafalgar se portefeulje. Dit sluit ook in ʼn geleentheid vir ʼn swem in die bekende “Blue Lagoon” in, asook ʼn besoek aan Vatnajökull, die grootste gletser in Ysland, wat meer as 8% van die eiland bedek en die geboorteplek van ysberge, Jökulsárlón Gletser Lagoon.

Tydens die toer sal mens ook ‘n besoek aflê aan die stalle van ‘n perdeplaas waar daar geteel word met die opregte Ysland-ras.

Stockholm Foto: Pixabay

Stockholm Foto: Pixabay

Die ikone van Skandinawië

Toere na die Skandinawiese lande het ‘n reputasie om duur te wees. Dit hoef egter nie die geval te wees nie, volgens Liesa. Met Trafalgar se “Costsaver”-hoogtepunte van Skandinawië kan Suid-Afrikaners nou dié pragtige lande besoek, sonder die eindresultaat van ‘n gat in hulle beursie.

Die hoogtepunte van die toer sluit in: ‘n besoek aan Sogne-fjord, die wêreld se langste fjord wat strek vir 205 km; ontdek die geskiedenis van Bergen wat begin in 1070 AD en sien die grootste meer in die Europese Unie, die Vanernmeer. Leerken Kopenhagen, met onder andere die besigtigings van “The Little Mermaid”, Nyjavn, die koninklike Amalienborgpaleis en die Carlsberg Glyptotek.

Besoek Oslo se Middeleeuse Akershus-fort en die koninklike paleis.  As ook Stockholm se Riddarholmkerk, stadsaal en “Royal Palace”.

Keltiese “Filmscapes”

Trafalgar se Celtic Filmscapes-toer is uitgeknip vir fliekvlooie. Hierdie interessante toer besoek nie net Trainspotting (1996) se “Choosing of life” Edinburgh’s Princess Street nie, maar ook Glencoe se Valley of the Weeping, waar Daniel Craig gewandel het as James Bond in Skyfall (2012) en Mel Gibson vir vryheid geveg het in Braveheart (1995).

St. Andrews waar Chariots of Fire ontstaan het, Outlander se Falkland en Prometheus (2012) se Isle of Skye word ook gesien.

Maar heel moontlik die hoogtepunt van die toer, volgens Liesa, is die besoek aan die Game of Thrones-filmstel in County Down by Castle Ward in Ierland. Hier kan jy kostuums aantrek wat jou in jou eie Jon Snow of Robb Stark omtower terwyl jy self pyle die lug inskiet en die filmstel besoek. Sien die Whispering Wood en onder andere Robb Stark se kamp en die Baelor-oorlogsveld in lewende lywe.

Marrakesj Foto: Pixabay

Marrakesj Foto: Pixabay

Arriba, arriba… Andale, andale!

Spanje se eksotiese Flamingo-danse en pragtige perde, Portugal se strande en Marokkaanse straatverkopers is alles dinge wat jou vir lank sal bybly na ‘n besoek aan hierdie drie lande. Hoogtepunte van Spanje, Marokko en Portugal is ‘n Europese toer wat jou sak sal pas, sê Liesa.

Hierdie hoogtepunte sluit in die besonderse argitektuur van al die lande, besoeke aan Madrid se Gran Via en Paseo de la Castellana; ‘n besoek aan Pablo Picasso se geboorteplek, Malaga en die interessante stad Fez in Marokko. Besoek ook die markte in Marrakesj en sien ‘n egte Flamingo-dans in sy plek van oorsprong, Seville. Gaan soek die son in die seekant-stad van Lissabon, sien die indrukwekkende Hieronymite-klooster en beleef die pragtige stad van Sagres.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

kuifie ·

Ja ons sal maar bly droom en fototjies kyk..dis nie vir jan alleman wat probeer oorleef beskore nie.
Al spaar ons hoe hard..altyd maar n finansiele noodsituasie wat opduik

Tobie ·

Die is niks anders as n simpel advertensie artikel nie.

Asof mense wat moet Jan tuis bly se karretjie ry, gou gaan geld uit dinges om volgende jaar met Jan se vliegtuigie rond te vlieg.

Lyk my julle het julle onafhanklikheid prys gegee. Word die nuusberigte nou bepaal deur beursies?

Helene du Toit ·

Kluitklaplysie is regtig ‘n grillerige woord – wie se idee was dit? Hopelik gaan dit nie ‘n algemene gebruikswoord word nie!!
Katrina

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.