Vakansiejolyt wanneer die reisgogga byt

Miskien voel dit of elke Jan Rap en sy maat by al wat joligheid te sien is – soms tot groot ergernis vir dié wat met Jan Tuisbly se karretjie ry. Hier is ʼn lys met feeste en geleenthede wat dalk dié Desember op jou voorstoep plaasvind.

Gauteng

  • Kersfees Skouspel (Kaapstad of Pretoria)

Lefra Produksies se Kersfees Skouspel vind op 14 Desember by die Grand Arena van GrandWest Casino in Kaapstad plaas en op 16 Desember word dit by die Sun Arena, Times Square, in Pretoria aangebied. Die internasionale kunstenaar Leo Sayer is vanjaar deel van die produksie. Sayer is bekend vir treffers soos “When I Need You”, “Can’t Stop Loving You”, “More Than I Can Say”, “One Man Band” en die immergewilde dansliedjie “You Make Me Feel Like Dancing”. Plaaslike kunstenaars wat gaan optree, sluit Joshua na die Reën, Nianell, Pieter Smith, Steffie le Roux, Tasché en Jak de Priester in.

Vir meer inligting oor die produksie en kaartjieverkope besoek Kersfees Skouspel se webwerf.

  • Feestelike ysbaan in Frozen 2-styl (Menlyn-winkelsentrum se ysskaatsbaan, Pretoria)

Aanhangers van die gewilde animasierolprent Frozen is behoorlik in rep en roer oor die jongste rolprent wat pas uitgereik is. Menlyn deel ook in die opwinding met sy eie ysbaan van 7 tot 24 Desember wat in ʼn feestelike Frozen-tema opgetooi is.

Vir meer inligting oor tye en kaartjieverkope besoek Menlyn se webwerf.

  • Peter Pan on Ice (Teatro by Montecasino, Johannesburg)

Van 6 Desember tot 11 Januarie kan gehore saam met Peter Pan, Tinkerbell, die Verlore Seuns en Kaptein Hoek na Kammaland ontvlug.

Kyk hier na die voorskou:

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Suid-Kaap

  • ʼn Trilogie van komedie (Garden Route Casino, Mosselbaai)

Op 19, 20 en 26 Desember word vakansiegangers in Mosselbaai met komiese verhoogproduksies deur Lizz Meiring, Schalk Bezuidenhout, Germand Geldenhuys en Je-Ani Swiegelaar vermaak.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

  • Foto: Verskaf

    George of the Jungle-musiekvertonings (George)

Vanaf 20 tot 29 Desember vind daar elke dag, behalwe 24 en 25 Desember, buitelug-musiekvertonings by die George‑skouterrein plaas. Dit sluit vertonings deur Herman Kleinhans, Roan Ash, Jack Parrow en Arno Carstens in. Kaartjiepryse vir die vertonings wissel tussen R40 en R70.

Vir meer inligting besoek die Facebook-blad of iTickets se webwerf.

  • Afrikaans is Groot Somerfees (Mosselbaai)

Kom kuier saam met Afrikaans is Groot tydens die heel eerste Somerfees in Mosselbaai op Saterdag 28 Desember by die Van Riebeeck‑stadion. Met optredes deur Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Bobby van Jaarsveld, Snotkop, Elvis Blue en vele meer.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

  • In Afrikaans-konsertreeks (Hartenbos)

Dié konsertreeks vind van 21 tot 28 Desember in Hartenbos plaas. Kom beleef die grootste treffers gesing deur Juanita du Plessis, Karen Zoid, Robbie Wessels en vele meer van die mees geliefde Afrikaanse kunstenaars.

Kaartjies is by iTickets beskikbaar.

  • OppieStoep Kustoer (Hartenbos/Mosselbaai)

OppieStoep is die tuiste van storievertel in Afrikaans en word deur Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen aangebied. Storievertellers word uitgenooi om hulle komiese staaltjies en pittige uitlatings tydens vanjaar se OppieStoep Kustoer wat van 13 tot 19 Desember plaasvind, te kom deel.

Maroela Media het vroeër berig dat kykers vir sewe regstreekse uitsendings van dié toer kan inskakel. Dié uitsendings is 15 minute lank en sal op Maroela Media se webwerf beskikbaar wees. Kapenaars en vakansiegangers kan die volledige vertoning bywoon deur kaartjies aan te koop. Lees die volle berig hier.

Wes-Kaap

  • Volmaan- en sterrekykpiekniek; Dans van die Vlamme (Afrikaanse Taalmuseum, Paarl)

Die Afrikaanse Taalmuseum bied verskeie buitelug-geleenthede in Desember aan:

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

  • Halfprys-sonsondergang-aanbod (Tafelberg se kabelspoor)

Het jy al gewonder hoe dit moet wees om die sonsondergang bo-op Tafelberg te ervaar? Plaaslike inwoners met ʼn geldige identiteitsdokument of geboortesertifikaat kan daagliks voordeel trek uit dié spesiale aanbieding. Let wel dat hierdie diens nie tussen 19 Desember en 2 Januarie beskikbaar is nie.

Vir meer inligting besoek die webwerf.

  • (Foto: The Galileo Open Air Cinema/Facebook)

    Buitelug-fliekvertonings (Galileo Open Air Cinema in Kaapstad)

ʼn Fliek onder die sterre herinner ʼn mens aan die destydse inryteaters. Met langer dae en lieflike somertemperature is dit beslis ʼn ideale vakansie-aktiwiteit wat die hele gesin sal geniet. Galileo Opelugteater vertoon van Woensdae tot Vrydae ʼn verskeidenheid rolprente in van Kaapstad se gewildste bestemmings en gedurende Desember word flieks ook op Sondae by die Kelvin Grove-sportklub gewys.

Besoek Galileo se webwerf vir meer inligting oor die program en kaartjieverkope.

Ander vermaak: The Rocky Horror Show (Kunstekaap Teater in Kaapstad) van 6 tot 12 Desember, Musiekfees onder die sterre (Yzerfontein Hawe) op 29 Desember.

Elders

  • Dolphins by Starlight (UShaka Marine World in Durban)

(Foto: UShaka Marine World/Facebook)

Van 13 tot 15 Desember word drie spesiale dolfynvertonings by dié bekende akwarium in Durban aangebied. Vanjaar se vertonings is in ʼn eg Suid-Afrikaanse Kersfeesstyl en hoop om ʼn boodskap van geloof en vrede te bring. ʼn Verskeidenheid akteurs vorm ook deel van die program.

Besoek UShake Marine World se webwerf vir meer inligting.

Die lys bevat enkele feeste en geleenthede wat gedurende Desember oor die hele Suid-Afrika plaasvind. Vir meer besonderhede oor vakansievermaak in jou omgewing, besoek gerus die plaaslike toerismekantoor of gaan snuffel rond op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.