Van berg tot boom – só lyk jou vlugskedule

Airlink

Airlink bied vroegoggend- en laatmiddagvlugte op die roete tussen Kaapstad en Pretoria.

Die vlugte is gemik op sakereisigers wat in Kaapstad woon en die meeste wil kry uit hul sakedag in Pretoria. Vlugte vertrek weeksdae, Maandae tot Vrydae, van Kaapstad Internasionale Lughawe om 06:45 en land by Wonderboom Nasionale Lughawe in Pretoria om 09:00. Die middagvlug vertrek om 17:30 uit Pretoria en land om 20:00 in Kaapstad.

Die Wonderboom-lughawe in Pretoria is slegs 15 km uit Pretoria se middestad en Arcadia, en 22 km van Hatfield. Die vliegtuig parkeer voor die gebou en dit neem gewoonlik minder as 10 minute om jou bagasie te kry. Daar is ook gerieflike onderdakparkering naby aan die eindpuntgebou en is bekostigbaar, teen slegs R60 vir 24 uur.

Daar is ook, bykomend tot die bestaande vlugskedule, vlugte Maandag tot Vrydag van 10:00 uit Pretoria wat om 12:30 in Kaapstad land. Reisigers kan dus ook gebruik maak van vroegoggend-, laatoggend-, vroegmiddag- en laatmiddagvlugte.

Reisigers kan boonop ook Voyager Miles gebruik en spandeer wanneer jy met Airlink tussen Kaapstad en Pretoria reis. Voyager Gold/Platinum/Lifetime Platinum-lede kan saam met een gas die komplimentêre WiFi en verversings in die Grey Sunbird Lounge geniet.

Vlieg baie maklik van hoofstad na hoofstad, lees meer op die webwerf.
Bespreek jou reis deur jou reisagent of kontak SAL-besprekings by 011 978 1111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.