[Video] Jou kampterrein is jou oefenterrein

Skermgreep uit die video

Kamp is nie ’n verskoning om te laat slap lê nie!

In hierdie week se episode van Tips & Trix wys Simoné en Francois hoe om jou lyf eksieperfeksie te hou en hoe om jou kampterrein jou oefenterrein te maak.

Tips & Trix is ʼn minireeks deur ATKV-Sake en akteurs Francois Jacobs en Simoné Nortmann gee aan kykers wenke oor hoe om hul kamp-ervaring te vergemaklik. Die reeks word vervaardig deur The Film Factory.

Haak jou karavaan en verken saam met Francois en Simoné die ATKV se spogoorde! Vir meer inligting oor die ATKV besoek gerus hulle webwerf en ATKV-oorde of kontak hulle gerus op 011 919 9000.

Sien Tips & Trix met Simoné en Francois se vorige video’s hier.

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.