Wil jy graag oorsee werk? Hier is ʼn paar opsies

Foto verskaf deur Travel Work Abroad

Die maatskappy, Travel Work Abroad, bied al vanaf 2009 verskeie opsies aan mense om oorsee te werk.

Die maatskappy bied wel onder andere au pair en gasvryheid aan vir jongmense. Daar is ook ʼn Mianmar-program waar mense met ambagte, sekuriteit, IT en elektries ʼn voet in die deur kan kry vir werksgeleenthede. Daar is ook opsies vir persone in verkope, bestuur en administrasie.

Gee Engels in Thailand

Thailand is bekend vir sy asemrowende strande en verskeidenheid toerismeaantreklikhede, maar daar is nog vele meer wat dié land bied!

Elke maand is daar al hoe meer mense wat deur Travel Work Abroad die geleentheid kry om in Thailand skool te gee. Die maatskappy se program is ʼn veilige netwerk veral vir mense wat dit alleen aanpak, aangesien groepe bymekaar gebring word om sodoende ʼn groter ondersteuningsnetwerk te skep vir kliënte.

Travel Work Abroad het agente in Pretoria, Potchefstroom, Stellenbosch en die Tuinroete en natuurlik ʼn kantoor in Thailand. Besoek www.twabroad.com vir meer inligting.

Foto verskaf deur Travel Work Abroad

Of jy nou lus is om ʼn verandering te maak net vir ʼn paar maande, ʼn jaar of twee of selfs daaraan dink om in Thailand af te tree, kan dié maatskappy jou help. Plasings vir mense tussen 18 en 60+ jaar oud word gedoen. Paartjies en vriende kan ook saam aansoek doen en word saam geplaas. Travel Work Abroad help ook mense wat slegs wil aftree in Asië se gewildste land (soos aangewys in 2019).

Sedert 2009 word aansoekers elke maand suksesvol by skole reg oor Thailand geplaas om ʼn verskil te maak deur Engels te gee in skole en by privaat tutorsentrums. Talle van die afgetrede kliënte bied privaat tutorklasse aan.

Lizl Smit, van Travel Work Abroad, is tans in Thailand gebaseer, maar sy het in Pretoria grootgeword. “Elke dag is ʼn nuwe ervaring, nóg ʼn dag in die paradys!”

Volgens Lizl is die grootste aantrekkingspunt vir haar die veiligheid: “Ek hoef nie oor my skouer te loer nie! Die vriendelikheid en behulpsaamheid van elke Thai-persoon is nog iets om aan gewoond te raak en verras my elke dag. My administratiewe assistent Samantha (23) ry gereeld alleen met die trein na Bangkok om haar eksamens by Unisa se lokaal af te lê. Sy sê dis ʼn avontuur op sy eie, met soveel besorgdheid van die mense op die trein wat seker maak sy klim by die regte stasie af.

Foto verskaf deur Travel Work Abroad

“Moenie vergeet nie van die fantastiese kosgeregte by die Thailand-aandmarkte en restaurante wat met miljoene liggies die nag verlig sodat dit soos ʼn sprokieswêreld lyk! Die volgende dag, met realiteit wat saam met die son opkom, is dit weer tyd vir ons onderwysers om skool te gee!”

Lizl sê naweke spandeer mens op die strand, of besoek staproetes in die talle parke en na verskeie watervalle. “Baie mense geniet die ryk kultuur en geskiedenis. Die mediese fasiliteite is ook van baie goeie gehalte teen ʼn baie bekostigbare prys!”

Sy voeg by Travel Work Abroad is een van die enigste maatskappye met ʼn plasingsnetwerk wat selfs mense sonder grade in Thailand kan plaas by privaat sentrums en skole.

“Daar is al ʼn hele netwerk Suid-Afrikaners in Thailand en daarmee saam ook biltong, mieliepap en vetkoek!

“Ons Thailand-program bied ondersteuning aan vanaf die oomblik wat ʼn kliënt navraag doen. Ons help met alle reëlings voor en nadat ons kliënte in Thailand aankom en is altyd beskikbaar. Enige groot skuif na ʼn ander land gaan gepaard met spanning en baie reëlings, maar ons is hier om dit maklik en gerieflik te maak vir al ons kliënte, veral as mens na ʼn land verhuis waar Engels nie die primêre taal is nie.

“Thailand was dalk nie iets waaraan jy gedink het as ʼn bestemming vir werk nie, maar ek hoop dat hierdie artikel jou weer sal laat dink! Hopelik ontmoet ek jou een van die dae hier in die sonnige paradys!”

Besoek www.twabroad.com vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.