Maak jou eie skoonmaakmiddels tuis met hierdie doodgewone bestanddele uit jou kombuis.
Natuurlike veeldoelige skoonmaker
1 koppie warm water
1 koppie witasyn
25 druppels essensiële olie
Meng die bestanddele in ’n houer of spuitbottel. Skud liggies en gebruik op toonbanke of ander oppervlakke.
Natuurlike wasgoedseep
2 liter warm water
6 eetlepels koeksoda
6 eetlepels vloeibare castileseep
2 eetlepels growwesout
Los droë bestanddele in die warm water op. Voeg die seep by en roer. Hergebruik ’n ou wasgoedseepbottel. Gebruik ’n halwe koppie van die mengsel per bondel wasgoed.
Natuurlike meubelpolitoer
2 koppies warm water
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels witasyn of suurlemoensap
Meng bestanddele in ’n spuitbottel. Skud goed voor gebruik. Spuit op meubels en vee af met ’n klam spons of lap.
Natuurlike glas- en spieëlskoonmaker
1 koppie water
1 koppie witasyn
Meng bestanddele in ’n houer of spuitbottel. Skud liggies om te meng. Spuit op glas of spieël en hergebruik ’n ou koerant om skoon te vee en strepe te vermy.
Natuurlike vlekvryestaal-skoonmaker
Drup olyfolie op een kant van ’n lappie. Vryf oor die vlekvryestaal-oppervlak. Drup witasyn op die ander kant van die lappie. Vryf oor dieselfde oppervlak en laat dit droog word.
Bron:
https://chfa.ca/en/welcome-spring-naturally/recipes-for-a-truly-green-spring-clean.html
Wat is castileseep en waar kan ek dit koop? Die res van alle bestandele is daar in meeste huise altyd.
Baie interessant en dalk goedkoper?
As dit goed werk ń bonus.
Ek wonder ook daaroor, E.
Ek ook! Wil net vra of ons nie sulke oulike wenke op gereelde basis kan doen nie? Elke bietjie help! Ek gooi bv helfte growwe sout in my waspoeier, werk goed vir vlekke en wasmasjien is silwerskoon! Gaan bg probeer!