Die stad Kaapstad spog reeds met ʼn goeie openbare vervoerstelsel, maar dié stad gaan nou ook in September vanjaar minstens 80 mini ‘Tuk-Tuk’-voertuie beskikbaar stel om mense rond te karwei.
Dié driewiel Tuk-Tuk-motortjies word veral in Thailand gebruik.
Volgens die webwerf, Inside Guide, is só ʼn motortjie ideaal vir korter afstande van twee of drie kilometer, hoewel hulle ook verder kan ry. Die Tuk-Tuk se topspoed is 30 km/h.
Volgens dié webwerf word net 80 bedryfslisensies aanvanklik beskikbaar gestel om te sien hoe dié vervoerstelsel met die MyCiti-busse gaan integreer.
Die Tuk-Tuk’s gaan beskikbaar gestel word in Fresnaye, Bantrybaai, Seepunt, Groenpunt, Bo-Kaap en De Waterkant, Tamboerskloof, Walmer Estate, University Estate, Zonnebloem, Distrik Ses, Kalkbaai, St. James, Vishoek en Simonstad.
Bron: Inside Guide
Ek het so paar keer ‘n rit onderneem
Met ‘n Tuk Tuk hier in India. Dit was nogal pret..maar die lugbesoedeling maak dit onaangenaam agv die duisende motorfietse. Die laaste rit was 11km. Dit is ‘n goedkoper vervoer middel . Ek verkies dit bo die plaaslike bus diens.
Ek het nog nooit van ‘n tuk-tuk gebruik gemaak nie, maar ek hoop dit werk hier vir ons in die Kaap. Ek verstaan waarom hulle net 30km/h kan ry, maar ek is bekommerd dat dit dalk tog met die vloei van alreeds druk verkeer kan inmeng. Kom ons kyk … Sterkte met die projek.