Seldsame-defek: ‘My seuntjie verdien om te lewe’

Caylum Willemse (Foto: Facebook)

Caylum Willemse (Foto: Facebook)

Meer as R7 miljoen. Dis hoeveel ʼn egpaar van Springs in Gauteng benodig om hul sewe maande oue seuntjie wat met ʼn seldame defek gebore is en reeds meer as vyf keer by die dood omgedraai het, te probeer red.

Wayne en Samantha Willemse het aan Maroela Media vertel hulle is “stukkend” aangesien hul seuntjie Caylum tot dusver nog net drie weke by die huis deurgebring het weens die defek.

“Almal bid vir ons. Ons spandeer al ons tyd op ons knieë. Ons het sy storie al so wyd begin versprei, dat die Here nou rustigheid in my hart begin plant. Vir die eerste keer begin ek glo mense gee genoeg om om ons te help met die operasie,” het Samantha vertel.

Caylum ly aan die baie seldsame trageoesofageale fistel (TOF) en esofageale atresie, ʼn toestand wat verband hou met die slukderm wat nie behoorlik met die maag heg voor geboorte nie. Die liggaam probeer dan as’t ware die fout regstel deur ander verbindings te maak. In Caylum se geval het die trachea met die slukderm sowel as die maag geheg.

Sy trachea val ook heeltyd plat en die verbindings wat die trachea gemaak het, veroorsaak dat vloeistof wat hy inkry, soos melk, op sy longe gaan lê.

Die egpaar het ʼn moeilike tyd agter die rug. Caylum was al meer as drie keer in die operasiesaal en dokters het ook gespook om sy seldsame defek te diagnoseer. Hy is onder meer al geopereer om die trachea te verleng en die verbindings te verwyder.

Die draaipunt het egter op 20 Maart gekom terwyl die egpaar in Emalahleni (Witbank) gekuier het.

“Die laaste keer was ons by my skoonouers toe Caylum net ophou asemhaal het. Omdat die dokters ons kardiopulmonêre-resussitasie geleer het, het my man dit dadelik begin toepas. Ons het gesien dat sy bors nie op en af beweeg nie en dus geweet die lug beweeg nie in nie,” vertel sy.

Caylum Willemse (Foto: Facebook)

Caylum Willemse (Foto: Facebook)

Die trachea het weer platgeval. “Ons kon nie vir die ambulans wag nie. Ek en my man en my skoonpa het in die motor gespring om hospitaal toe te jaag. Wayne het die kardiopulmonêre-resussitasie toegepas op sy skoot. Caylum het egter begin blou word en het nie meer tekens van lewe getoon nie. My man het geskree ‘my kind is dood! My kind is dood! Bid net asseblief’.”

“Ek en my skoonpa het hardop gebid en by God vir sy lewe gesmeek. Toe ons by die hospitaal aankom, het hy nog baie erg gelyk, maar sy lippe het beweeg. Ons het geweet God het ingegryp.”

Caylum is sedert 20 Maart in die Netcare Clinton Hospitaal in Alberton onder die sorg van dr. Charles Carapinha. Hy is onder spesiale bewaking omdat die trachea enige oomblik kan platval.

Sy enigste hoop is ʼn sogenaamde posterior tracheopexy-operasie. Dié operasie is nog nooit in Suid-Afrika uitgevoer nie en Caylum moet Boston toe gevlieg word vir die operasie.

“Ons het al so te sê ʼn kwart van die geld ingesamel, maar ons doen ʼn beroep op almal om te help. Ek gun my seuntjie die lewe wat hy verdien. Ek is nes enige ander ma en wil ook hê my kind moet huis toe kom.”

Die gesin het reeds sowat R2 miljoen ingesamel, onder andere ‘n anonieme donasie van R1 miljoen.

Besoek Caylum se Back-a-buddy skarefinansieringswebwerf vir meer inligting oor skenkings en hoe om betrokke te raak.

Besoek ook die Caylum Willemse-stigtingFacebook-blad en YouTube-kanaal vir nuwe inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eric Erasmus ·

Who ever donated the million rand, you deserve recognition! Amazing!!

Wilmien ·

Liewe Heer, tree asseblief in by die onskuldige ou seuntjie..ons weet dat by U niks onmoontlik is nie

Nadia Samaai ·

I make duah / prayer that Caylum be blessed with a long and healthy life. May the Almighty guide the hands of the surgeons and all hospital staff that attends to Caylum. All the videos of Caylum shows him to be such a beautiful happy child, may he continue to grow as such. God bless. To Caylum’s parents and loved ones stay strong and continue to believe. Warm hugs to all of you.
Nadia Samaai & family

Harold ·

Liewe Mense

Ek het n 4 jarige, n 2 half jarige, en n 6 maande oue. Ons kinders gaan amal na die ma en kind hospital in Johannesburg. En nog altyd nog net die beste hulp van die staats hospital gekry. Kan daar regtig geen so operasie in SA gedoen word nie. R2 miljoen is baie geld. Is daar regtig eerlik waar geen spesialis in ons ou land wat die pragtige ou mensie kan red nie.

Christina ·

Laat my ook dink aan Zion baba van Bloemfontein al by sy 6 de operasie.
Ons kan net bid.

Pastoor ·

Ja Harold daar is 1 DOKTER HY IS Y’SHUA HAMASHIACH Jesus Christ The Annoited One. As Hy inloop staan alles stil. Ons roep U Naam O Here. Tree in vir daardie kind. Ons spreek lewe in sy liggaam. Lewe lewe nie dood nie. In Jesus Naam Amen Johannes 10. 10

RC ·

Here stuur u engele om die kosbare kleinding veilig te bewaar deur alles. Ons bid dat U sal intree en hom sal genees van sy siekte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.