Sepiester vra jou hulp

Pascal Pienaar. Foto: Facebook via Pascal Pienaar

Pascal Pienaar. Foto: Facebook via Pascal Pienaar

Die Binnelanders-ster Pascal Pienaar het haar Maandag tot sosiale media gewend om steun te vra vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) landwyd.

Pascal het op haar Facebook-blad gesê mense meen dikwels die DBV het net geldelike hulp nodig, terwyl die organisasie in werklikheid baie meer as geld nodig het. “Die DBV het nie net donasies nodig nie, maar hande,” het sy geskryf.

Sy sê die organisasie het onlangs ʼn beroep op mense gedoen om vrywilligerswerk by takke landwyd te doen. “Hulle benodig mense om met die honde te stap, die hokke te was, blare te hark, plante nat te spuit en die kos vir die diere uit te sit. Ek soek asseblief vrywilligers wat eerskomende Saterdag saam met my wil kom help.”

Pascal is Saterdag 14 Mei by die Tshwane DBV se Waltloo-tak in Pretoria om vrywilligerswerk te doen. “Trek jou ‘vuilword’-klere aan en kom help my om die diere spesiaal te laat voel vir een dag. Dis regtig pret en ʼn mens voel ook dan beter oor jouself, want jy kan werklik ’n verskil maak.”

Boodskappe van ondersteuning het sedert Maandag ingestroom. “Ek is bly om te sien so baie mense het op my plasing gereageer,” het Pascal bygevoeg. “Bring asseblief ou komberse, honde- en katkos, leibande, hondebakke, kontantdonasies en borsels. Elke klein daad van liefde maak ʼn verskil.”

Besoek haar Facebook-blad vir meer inligting. Leer meer oor vrywilligerswerk hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oulik ·

Pacal Pienaar jy is oulik, almal kan ‘n rand of wat ingooi, maar mense en diere het meer as dit nodig. Hoop dit gebeur sommer landwyd en dat die hordes sal opdaag, sodat die diere sal dink dit is Krismis!

Hannah ·

Wat ‘n mooi gebaar! Bring sommer jul ouer kinders ook saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.