Skei maak seer: “Dis beter vir die kinders”


skei-maak-seer

Johan de Lange se boek ‘Skei maak seer’ is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as ‘n e-boek. Foto: Cumbooks.co.za

“’n Paartjie is emosioneel gedreineer en kwaad, hulle smag na uitkoms. Hulle kyk nie meer na die kinders nie. As ek skei, gaan dit beter wees en jy vertel jouself dit sal beter wees vir die kinders. Soms weet die kinders, maar hulle weet nie regtig hoe erg dit is nie. Dit is nie beter vir die kinders nie. ’n Kind is ’n kind, hy is nie so analities soos volwassenes nie.”

  • Johan de Lange is ’n man, pa en bekende oogspesialis. Dit het hom 10 jaar geneem om emosioneel van sy egskeiding te herstel. En nog byna 10 jaar om by ’n nuwe lewe aan te pas. In hierdie reeks gesels hy oor sy egskeiding en wat hy daaruit geleer het. Sy boek, Skei maak seer, is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as e-boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Denise ·

Ek is 33 jaar getroud en ons het nog altyd ons verskille ons praat dit maar uit !!!! Moet net nie kwaad gan slaap nie niks is te erg dat dit nie opgelos kan word nie !!!!!

SYLVIA ·

Bietjie van ‘n eensydige seining.
‘n Pannekoek is dun maar het twee kante, so ook is daar twee kante wanneer dit kom by egskeiding en kinders “wat beter af is” of “slegter af is” Kinders en vrouens wat mishandel word, geld wat uitgesuip word, verkragting binne die huwelik, owerspel, diefstal, tronkstraf, ensovoorts, ensovoorts bepaal die “beter af” of “slegter af”. Snaaks wanneer dit iemand pas om ‘n stelling te maak is kinders is no so “analities” soos volwassenes nie, ek ken baie volwassenes wat nie “analities” is nie, maar dromers. Wat wel beter is vir die kinders is, is dat die twee ouers volwasse genoeg is om nie van hulle kinders pionne te maak in die skeiding nie en dat daar alles in die stryd gewerp sal word om ‘n goeie volwasse optrede sal wees teenoor die kinders sodat hulle vry voel om vrylik tussen die ouers besoeke, ens te kan doen. Wanneer kinders gesamentlik in ‘n ouers huis woon, waar net die Moeder liefde gee, is dit so goed hulle is “geskei” van hulle Pa of andersom. Wanneer kinders van beide Ma en Pa (en indien daar Oupa’s, Oumas”, Ooms, Tannies, niggies, nefies, vriende, ens) liefde ontvang maak dit hulle vertroue in die oordeel van Ma en Pa sterker.

Magda ·

Ek is ook geskei nadat ek vir 10 jaar vasgebyt het omdat” dit beter is vir die kinders” en bly maar ter wille van die kinders.
Nee Johan, dit is nie beter om maar te bly ter wille van die kinders nie.

Genoeg gehad ·

Ek stem . ek was 23 jaar in n “abusive” huwelik. Wou nie skei term wille van die kinders. Is elke dag afgekraak verneder geestelik gemartel gevloek en op geskree en dit vir die kinders se onthalwe. Min het ek geweet die kinders kon ook nie meer uithou. Hul was gegooi met border kos bakstene of enigiets wat hy in die hande kon kry. Nee wat skei en staan weer op!!!!

Ekke ·

Elke voel elke situasie verskil net soos elke huwelik en egskeiding verskil. My ouers skei nou hul is al oor 50. Ons kinders is al volwasse en om nou tehoor hul het net saam gebly vir ons is nie lekker nie. Ek kies eeder gelukkig geskeide ouers as ongelukkig getroude ouers. n Ongelukkige huwelik met geen respek en liefde is ook nie n goeie voorbeeld vir enige kind nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.