Skei maak seer: Geluk ná egskeiding


skei-maak-seer

Johan de Lange se boek ‘Skei maak seer’ is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as ‘n e-boek. Foto: Cumbooks.co.za

“Daar was duidelike punte op die tafel van wat sou gebeur as ons skei. Ons kon sien wat sou die nagevolge wees, maar die egskeiding het steeds gebeur en daar was steeds pyn waarvoor jy jou nie kon voorberei nie. My sielkundige het vir my gevra: ‘Waarna sien jy uit nadat jy geskei het?’ ‘Wel, ’n NUWE BEGIN,’ het ek geantwoord. Maar my sielkundige het sy kop geskud: ‘Jy kry ’n nuwe begin, maar jy is baie ouer en jy verloor so baie in die proses.’”

  • Johan de Lange is ’n man, pa en bekende oogspesialis. Dit het hom 10 jaar geneem om emosioneel van sy egskeiding te herstel. En nog byna 10 jaar om by ’n nuwe lewe aan te pas. In hierdie reeks gesels hy oor sy egskeiding en wat hy daaruit geleer het. Sy boek, Skei maak seer, is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as e-boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elsabe ·

Ek stem saam, finansieel verloor mens baie, maar emosioneel kan jy egter baat. Ek is 6 jaar gelede na 32 jaar se huwelik geskei – dit was seker die moeilikste stap van my lewe. Omdat daar nooit kinders was nie, was die alleenheid soms oorweldigend. Ek het egter besef dat die eensaamheid wat ek in my huwelik ervaar het, erger was as die alleenheid na my egskeiding. Met die tyd kom aanvaarding en vergifnis en dan ‘n diepe vrede. Dit het my ‘n sterker mens gemaak en ‘n dieper insig en empatie vir ander mense se swaarkry gegee (dit is iets wat geld nie kan koop nie). Ek het ook nie teen die pyn geveg nie, maar dit omhels deur te huil, te praat en woedend te word tot al die gif uit my gestel was. Dit het gevoel of ek 32 jaar van my lewe gemors het, maar ek weet nou ek moes die pad loop om my die mens te maak wat ek vandag is. My grootste ondersteuningstelsel was my familie en vriende. In die begin wou ek alleen met my hartseer wees – die mense na aan my het my egter uit my ellende gesleep of ek wou of nie. Beraders het my nie kon help soos die mense na aan my se ondersteuning nie. :)

CH ·

Ek was gister 15jaar geskei……met Genade van Bo heel anderkant uitgekom.
Beste ding ooit wat met my kon gebeur het. Daar is ‘n lewe na egskeiding.

Lewies ·

Egskeiding is niks anders as geweld nie, of jy nou beter daaraan toe is na die tyd of nie. Dit gaan nie oor die mens nie, maar oor die eer van die “Insteller” van die huwelik. Her-trou na ‘ egskeiding word verbied, behalwe onder sekere omstandighede. As jy oor die verkeerde redes skei en weer trou is jy besig met hoerery.

Nege en negentig persent van alle huwelike word vernietig deur “afgode” waarvan mamon , seker die belangrikste is. God openbaar Homself as ‘n jaloerse God.

Torring jy aan die verhoudingsdriehoek nl. “GOD” wat altyd in die boonste hoek van die driehoek moet wees ; “EK” altyd onder in enige van die twee hoeke van die driehoek en “MEDEMENS” in die oorblywende oop hoek van die driehoek. Plaas ek geld, vriende, man of vrou en my werk aan die bopunt van die driehoek, word ek regeer deur daardie afgod wat noodwendig my huwelik gaan vernietig.

Eleda ·

Wat jy se is absoluut so so waar! Maar ongelukkg kan mense wat aan ‘n persoonlikheidsteurnis, soos narsissisme lei nooit die waarheid hievan besef nie. A.g.v emosionele trauma in die kinderjare, het hulle vir hulself ‘n wereld in hul kop geskep waar hulle die perfekte mens is (hul verafgod dus hulself) en wat ook al op hul lewenspad gebeur, dit altyd ander se skuld is. Hulle het glad nie die vermoe om ‘n ander se pyn raak te sien nie. Die lede van die gesin wat hul in liefde wys op verkeerde wee en optredes word verbaal afgekraak, sodat die veil van perfeksie nie vir die buitewereld geskaad word nie. Hulle kom dus ook nie tot berou van enige iets wat hul in hul lewe doen wat verkeerd is nie. Dit is so hartseer dat daar werklik sulke mense bestaan en wat hulself Christene noem. Hul regverdig tot hul dade van egbreek deur te se dat dit God is wat die of daai persoon vir hulle gegee het. Die ma en kinders wat agtergelaat word, sukkel om hul unieke menswees na so huwelik te vind en is dit slegs by die voete van Jesus en ‘n langsame hetstelproses wat gesondwording kan plaasvind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.