Skei maak seer: Groepsdruk, kultuur en pyn


skei-maak-seer

Johan de Lange se boek ‘Skei maak seer’ is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as ‘n e-boek. Foto: Cumbooks.co.za

Johan de Lange is ’n man, pa en bekende oogspesialis. Dit het hom 10 jaar geneem om emosioneel van sy egskeiding te herstel. En nog byna 10 jaar om by ’n nuwe lewe aan te pas. In hierdie reeks gesels hy oor sy egskeiding en wat hy daaruit geleer het. Sy boek, Skei maak seer, is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as e-boek.

“Dalk sou dit makliker gewees het om my eerste huwelik se probleme op te los. En vinniger. En goedkoper. En minder pynlik. Vir my en my eerste vrou en ons kinders. Maar miskien was my eerste huwelik tog onherstelbaar beskadig. Wie weet? Vandag weet ek nie meer nie. Ek het wel baie geleer.

“Vroue dink dikwels mans is onsensitief en gaan net aan met hulle lewe. Dit is beslis nie so nie. Ek wil graag openhartig met vroue my hartseer en sensitiwiteit deel. Ek is ’n normale man wat belangstel in mansdinge soos rugby en krieket. Ten spyte van hierdie manlike benadering tot die lewe was my egskeiding steeds vir my uiters pynlik.”

Hierdie reeks en boek fokus op die volgende:

  • Egskeiding is baie pynlik vir man, vrou en kinders.
  • Egskeiding verruil slegs een probleem vir ’n ander probleem.
  • Die pyn wat volg op egskeiding duur vir dekades, dikwels geslagte.

Dit is nooit te laat om te verander om jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat getroudes met hulle kan saamneem uit een man se seerkry en heelword.

“Ek is van mening dat mense onnodig skei omdat dit mode geword het om te skei.

“Emosies is iets wat die Afrikanerman mos nie het nie. Dis wat hulle dink! Mans dink hulle het nie emosies nie. Maar dit word net anders hanteer as by vroue. Mans dink hulle moet die sterk ou speel. Hierdie emosie ontdek jy as jy skei. Vrae soos ‘hoekom het dit gebeur?’ duik op. Mans begin ontleed en rede soek waarom.

“Ons het in ’n konserwatiewe wêreld grootgeword. Kerk, werk, sport en huisgesin. Seks was sonde. Als was sonde. Maar dit was hoe dit was in die samelewing waarin ons grootgeword het.

“Man en vrou kan nou net sê ons is nie meer lief vir mekaar nie en daarom skei ons. Die kultuur het geweldig baie verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hartseer ·

Ek is ook 11Jaar teug gesky en is prisies waar ek is en is nog steeds bang dit was n nagmerrie wat ek nie weer wil he nie

Ontnugter ·

Skei, dit is baie erg, maar hoe gaan jy aan in ‘n huwelik waar die man ontrou was. Maar. wat die lewe erger maak is wanneer jy weer trou en twee gesinne probeer bymekaar inpas. Dit is baie moeilik. Mens wonder aanmekaar, was die tweede probeerslag nie erger. is dit die moeite werd om so aan te gaan en nie maar jou oudag alleen tegemoet te gaan. Die seer en verwerping wat nog al die pad van jou mislukte eerste huwelik en die laaste in die ry te staan vir aandag in jou tweede huwelik, maak dat jy soveel seer in jou rond dra. Sien mens ooit nog die regte prentjie en is dit wat jy sien net jou seer of dra die huidige man nie ook dieselfde gevoelens want ek dink beide onttrek mettertyd.

Ounooi ·

Ek is so bang vir mans want wat ek deurgemaak het van yours truly en sy familie was verskriklik. Daar is tye dat ek bid en smeek dat daar nie nog mense soos ek deur so ‘n hel gaan nie. En, het my oudste my eendag gevra, wat sal ma doen as ma in die hemel kom en yours truly is ook daar? My antwoord was dat ek ons Heer sal vra om my hel toe te stuur want ek sien nie weer vir hom kans nie …

Laplander ·

Hoe gaan mens aan as die werklike “hartstogtelike liefde” ontbreek, en net sal ek noem “platoniese liefde” bestaan van die een kant af. Die een ter sprake het net oppervlakkig lief soos dit pas, om materieël na omgesien te word, om ‘m motor vol petrol te hê, om my krediet kaart te gaan gebruik, ens ens. En ek weet daar is ander “maats” daar buite wat hartstogtelik sal en kan liefhê???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.