Skei maak seer: Verskil tussen ware liefde en verliefdheid


skei-maak-seer

Johan de Lange se boek ‘Skei maak seer’ is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as ‘n e-boek. Foto: Cumbooks.co.za

“Verliefdheid is ’n hormonale ding; persoonlikheid en omstandighede speel ook ’n groot rol. Wanneer jy verlief is, is jy slimmer, beter en skerper, maar dit hou so vir agtien maande en heeltyd sit jy spontaan jou beste voetjie voor. As jy trou gedurende die verliefwees-fase is dit wonderlik, maar ná die troue gaan die verliefdheid ook verby en dan sien julle mekaar se slegte gewoontes raak. Dan moet jy dit aanvaar en deernis en begrip daarvoor hê. As jy dan tyd saam met daardie persoon deurbring en begrip vir hom/haar het, groei daar wedersydse respek en liefde.”

  • Johan de Lange is ’n man, pa en bekende oogspesialis. Dit het hom 10 jaar geneem om emosioneel van sy egskeiding te herstel. En nog byna 10 jaar om by ’n nuwe lewe aan te pas. In hierdie reeks gesels hy oor sy egskeiding en wat hy daaruit geleer het. Sy boek, Skei maak seer, is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as e-boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

riana ·

Ja skei is nie lekker nie en dit bly maar seer en vat mens lank om daaroor te kom. En ek dink mens kom regtig nooit daaroor nie. Want nie een van my verhoudings wil werk nie. Was 20 jaar getroud en 5 jaar single toe ontmoet ek weer iemand en na 8 jaar van verlowing toe werk dit nie. Nou is ek weer saam iemand na 2 jaar en dit wil ook nie reg kom nie. Dink single bly is maar die beste vir my. En ek vergelyk glad nie. Het al meer as 10 jaar nie meer kontak met EX nie so ek weet net nie wat dit is nie. Het seker maar net een deksel gehad.

Marietjie Wolmarans ·

Ek is nog self nie deur n egskeiding nie, maar ek sien my een vriendin swaarkry. Sy is so agt jaar terug geskei en ek glo ook nie sal ooit oor die egskeiding kom nie. Wat dit vir haar so erg is, is dat haar man haar vir ‘n plesier tierwyfie gelos het en is later met haar getroud. Ek dink dit het haar selfbeeld finaal geknak. Ek sal waardeer as julle kan raad gee. Dis asof sy niks van haarself dink nie en haar kinders vertrap haar want sy is baie huilerig en besluitloos. Hulle dink sy is onstabiel.

Louise ·

Marietjie,
Ek is beslis nie n kenner nie. Maar self deur baie.
Eending wat ek wel geleer het is die moeilikste ding om te doen is om jouself op te tel maar dis die beste ding wat jy kan doen. Die lewe is nie regverdig nie. Hoe vinnager mense vrede kan maak daarmee hoe beter, hoe mens behandel word en wat mens toelaat is mens se eie verantwoordelikheid en ek weet dis makliker gese as gedaan. Maar daardie man gaan baie beslis nie jammer voel vir haar nie. die beste wat sy kan doen is staan op en gaan aan en los die seerkry agter. Maar dis baie jammer dat n man of vrou hulle eggenoot los vir iemand anders. Dit kom dikwels neer op vergelyking wat n groot fout in die toekoms vir daardie verhouding is. Op die einde van die dag is tyd en tyd sal leer stap vir stap en maak seker jy kry iets wat jou gelukkig maak. Hoop dit help! Sterkte daar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.