Só lyk 2019 se modegiere

Groot oorbelle (Foto: Tamara Bellis/Unsplash)

Die bekende sosialemediaplatform Pinterest het onlangs ʼn lys van die opkomende jaar se top-modegiere bekendgemaak.

Mode is een van Pinterest se bekendste kategorieë, waar mense idees oor mode kan kry en stoor. Daar is patrone vir mense wat dit self wil maak, maar ook foto’s van groot modevertonings  wêreldwyd om as inspirasie te dien.

Tamaryn Green in een van haar aandrokke (Foto: Instagram)

Hier is Pinterest se top-10‑modetendense vir vroue vir 2019:

  • Logo’s
  • Groot oorbelle
  • Wye jeans
  • Barette
  • Laag‑op‑laag-styl
  • Plastiek en kunsleer
  • Rokke, rompe en broeke met splete
  • Die oorspronklike 100%‑katoen blou denim
  • Deurskynende sokkies
  • Skoene met pêrels, gordels, en ekstra detail

(Foto: Makson Serpa/Unsplash)

 

 

 

En vir mans:

  • Klein patrone
  • ʼn Netjiese baard wat onderhou word
  • Tradisionele werksdrag soos corduroy-baadjies
  • Modieuse sakke/tasse vir mans wat pendel
  • Klerekas opkikkers soos interessante mansjetknope, brille of ringe
  • Logo’s
  • Oorgroot weergawes van gewone baadjies
  • Opgerolde broeke en moue
  • Soortgelyke neutrale kleure bymekaar in een uitrusting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae