Die top 25 finaliste vir die jaarlikse Mev. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie is onlangs tydens die Kansa Gala-ete by Emperors Palace bekendgemaak.
Joani Johnson, uitvoerende hoof van Mev. Suid-Afrika, sê die geleentheid gaan nie nét oor skoonheid nie. “Terwyl dié jaarlikse geleentheid ’n eerbare instelling is om groot hoeveelhede geld vir Kansa in te samel, is dit ook altyd ’n glansryke affêre en die perfekte geleentheid vir gaste om hul mooiste gewade aan te trek, te kuier en eerste te sien wie die top 25 finaliste is,” het sy gesê.
100 finaliste moes tydens dié geleentheid terugvoer gee oor hul werksessies en maatskaplike werk voor die beoordelaars Zuraida Jardin, Joan Madibeng, Vusi Zwane en Cindy Nell Roberts.
Die 25 finaliste wat nou om die kroon meeding, gaan deurlopend tot die aankondiging in Oktober vanjaar hul staal moet wys met verskeie maatskaplike projekte, vrywilligerswerk, selfontwikkelings- en geldinsamelingsprojekte.
Hier is die 25 finaliste:
- Bright Ntuli-Kunene
- Christy Haefele
- Claire Gardiner
- Corinne Durrheim-Cornelissen
- Ephy Mathebula
- Hlengiwe Twala
- Lebitso Ramphore
- Levinia Arran
- Lilliana Lulli-Marucchi
- Lungi Hlatshwayo
- Margy Pretorius
- Maritsa Gouws
- Martina Schoen
- Melony Naidoo
- Olwethu Leshabane
- Rebekah Krossynski
- Rone Verster
- Semone Skosan
- Shadi Chauke
- Shelley Loots
- Simone Schroeter
- Tamzin Vassanjee
- Teneille White
- Trice Mazwi
- Trisha Poona
Besoek Mev. Suid-Afrika se webwerf.
Moet se hulle almal is baie mooi, mag die beste vrou wen maar bestaan daar dan nie meer n Mejufrou SA skoonheidskompetisie nie of is al die deelnemers getroud, ek weet ek loop agter dink nog aan die ou dae.
Vra maar net.