Só maak jy as jy in jou motor vasgekeer word tydens onluste

Tydens die onluste in Pretoria in Junie 2016. Foto: Twitter

Tydens die onluste in Pretoria in Junie 2016. Foto: Twitter

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Woensdag in ʼn verklaring gesê dit is belangrik dat padgebruikers moet weet hoe om onluste-situasies te hanteer wanneer hulle tydens só ʼn situasie in ʼn motor vasgekeer word.

Dit volg nadat talle betogers in Atteridgeville, Hercules, Mabopane, Soshanguve en Mamelodi in Pretoria in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld, diefstal en die besit van gesteelde goedere tydens onluste wat dié stad in ʼn vlammehel gedompel het.

Die AA het gesê dit is belangrik om in dié huidige konteks die media dop te hou vir roetes om te vermy en die “live”-funksie op jou navigasiestelsel te gebruik om heeltyd te kan sien wat aangaan by die roetes naby jou.

Die organisasie beklemtoon ook die belangrikheid daarvan om gehoor te gee aan polisieopdragte of om die polisie onmiddellik te bel sou jy jou in ʼn onluste-situasie bevind.

Volg ook dié wenke:

  • Bly so lank as moontlik in jou motor.
  • Gespe jou sitplekgordel los om te verseker dat jy vinnig uit die motor kan ontsnap wanneer dit nodig is.
  • Hou jou motor konstant aan die beweeg sover as moontlik en hou jou oë oop vir maklike ontsnaproetes.
  • Moenie teen betogers vasry, jou motor se enjin vinnig laat loop (rev) of die mense terg nie, omdat die skare dan kwater kan raak vir jou.
  • Moet ook nie die betogers tart deur te skreeu, toeter te druk of gebare te wys nie.
  • Bly kalm om te verseker jy weet presies wat om jou aan die gang is.
  • Bel die polisie onmiddellik.
  • As jy vasgekeer is in jou motor en nie van die skare kan ontsnap nie, klim uit jou motor en ontsnap te voet – jou lewe is baie belangriker as jou motor of enige ander besitting.

Vir meer inligting, besoek gerus die AA se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Flippie ·

Kan jy glo dat jy in jou eie land gewaarsku word dat jou mede landgenote jou in hul massas leed wil aandoen!!! Dit is veronderstel om net in onontwikkelde barbaarse gemeenskappe plaas te bind.

Johan ·

Moenie in dié situasie beland nie… Daar is niks wat jy kan beplan of inoefen om uit die situasie te kom nie. Die chaos sal jou oorweldig… As jy paniekerig gaan raak en iemand raak ry of net geïrriteer gaan voorkom, gaan hulle jou toesak… Jy sal nie deur hulle kan jaag nie…hulle gaan nie vinnig genoeg uit die pad kan kom nie, want hulle is self vas gekeer in hulle eie skares… Jou voertuig sal teen wegtrek spoed moontlik 3 tot 5 liggame omry voor die momentum en digtheid van die mens bymekaar jou voertuig kan doodskop… Vermy asseblief die betogings en moenie in daardie situasie beland nie.

Zena ·

En as dit al motor is wat jy het en geen versekering hoe kan jy jou motor sommer netso los en vlug laat dit uitgebrand word? ai tog….al die soort dinge wat ons gewone eerbare mense op straat nie alles moet deurmaak nie.

Karma ·

@Zena, hoekom het jy nie motorversekering nie? Nie bekostigbaar nie? Twak – kry gerus kwotasies by verskeie versekeraars; êrens moet daar ‘n redelike goedkoop opsie wees wat bv. net voorsiening maak vir vervangingswaarde indien die motor in SASRIA-omstandighede beskadig of gesteel word? Ek sê julle, mense, hier kom nog groot marakkas – dit is maar net die begin! En ons het ‘n goeie storie om te vertel …. Dankie, mnr. Zuma, dankie ANC!!!

Chewy ·

Karma – Is jy net snaaks of dink jy regtig dis “twak” dat sommige mense nie versekering kan bekostig nie?? Wat jy beskou as goedkoop is dalk nie vir die volgende persoon goedkoop nie. Ek wens mense wil besef dat daar mense is wat werklik vreeslik swaar kry. Jou kom vreeslik arrogant voor.

Nico ·

Maak maar eers seker dat jou versekering jou dek gevalle van onrus. Julle sal verbaas wees om die Klein skrif te lees en agter te kom dat versekering nie altyd dek as jou skade is agv sosiale onluste

Idee ·

Dankie Maroela dat julle die inligting weergee. Kan julle asseblief n gereelde reeks artikels he hoe ons onsself kan beskerm in noodsituasies, onluste, wanneer inbrekers in die huis of in ons slaapkamer kom, hoe om dit in eerste plek te keer, wanneer ons gekaap word ens?

moeks ·

Die polisie het so ‘n kurses aangebied gratis vir vrouens en kinders.

Adri ·

Hulle noem dit die Crime Buster Selfdefence Campaign. Ek het meer as 200 in 2001-2002 opgelei maar dit gestaak weens ‘n tekort aan belangstelling. Een uur per week vir agt weke .

Tania ·

Hartseer as mens se lank mens moet heeltyd idees gee oor
Wat om te doen as jou motor in geweld vasgekeer word
Wat doen jy as jy gekaap word
Wat doen jy as die polisie jou aftrek, trek jy af of nie
Wat doen jy as jy voor TV sit (sluit deure, sit solank alarm aan, bring honde in sluit karre agter garage toe)
Wat doen jy as jy verkrag word
Wat doen jy as jy op ‘n plaas bly om lewendig te bly
Wat doen jy as jou regering jou geld steel …. ens ens ens ens ens ens

Vlooi ·

Ek los my voertuig enige tyd, ek ry nie sonder versekering nie. Al neem mens net derdeparty brand en diefstal uit. Sasria tree in werking met die oproer en onluste. ‘n Lewe is baie meer werd as enige besitting. Die beste is, vermy sulke paaie indien moontlik. Gewoonlik is die media daar om ons redelik op hoogte te hou, fcb en roepradio’s het baie gehelp die week vir die mense wat in die omgewings woon.

Andreas Meyer ·

Miskien goed bedoel, maar dit lyk vir my die skrywers van die AA is ook ‘n bietjie naief. Hulle maak dit nou die belastingsbetaler se probleem as die staat nie kan doen nie waarvoor hy of sy belastings moet betaal.

As jy enige skade ly deur die staat se onbekwaamheid, doen ‘n waardasie daarop. Hou boek daaroor en dan trek jy dit somer van enige belastingsrekening af.

Andre ·

Ek stem volkome saam met Andreas, nie die polisie of weermag is in staat om hulle te beheer nie. Ek hoop nie dit kom my of enige persoon ooit oor, om in so ‘n situasie ‘n besluit te moet neem nie. Ek sal probeer om die beste rigting te kies, vet te gee en deur hulle met my bakkie ploeg. Ek glo, dat indien jy die opsie kies om uit te spring, gaan jy ook in elk geval nie lewend daarvan afkom nie, so vat dan liewer ‘n paar saam met jou.

Sterretjie ·

Als goed en wel maar wat van die mense wat nie so bevoorreg is soos van ons wat versekering kan bekostig. Wie gaan vir hulle n nuwe ryding koop? Die regering?

Poot ·

Sterretjie
Gaan lees Kharma se kommentaar op die onderwerp asb.

Sterretjie ·

Poot ek hoor wat sy sê, maar daar is regtig mense wat dit nie kan bekostig nie en wil nie kos uit hulle gesin se monde vat nie daarom het hulle nie versekering nie. Hulle bid dat die Here hulle motor sal beskerm

Semaarnet ·

Wat van pensionarisse wat nie versekering kan bekostig en wie se ry dingetjie ook te oud is om te verseker. Die kar is miskien nie veel werd nie maar dit is al wat hulle het. Is nie reg om net te besluit almal kan versekering bekostig nie.

Lance ·

Dat mens nou al dit moet lees …waar is die polisie in SA om sy burgers te beskerm …nou moet jy al hardloop vir jou lewe …..waaaar is die damn polisie ???

#slapgat ·

besig om rond te sit en slaap.. waar in jou lewe het jy al gesien dat die polisie mag bang is vir die betogers!! Slap gat en lui is al wat dit is!

Gert ·

Altyd vir my snaaks hoe mense in ander land bang is vir terroriste vanaf buite hulle lande. Hier in SA skiet ons sommer onsself in die voet (spreekwoordelik).

Kevin ·

Ek is jammer maar dit help jou niks, Ek was vasgekeer in die betoging van hammanskraal so 4 weke terug. Daar was mense dood gegooi met klippe, gebrand in busse en aangerand. My bakkie het baie skade gelei. Vensters was met grawe en pikke stukkend geslaan. Gelukkig kon ek uit die situasie ontsnap en alles te danke aan God se beskerming.

Poot ·

Kevin
Ek hoor wat jy sê en ek dink jy is baie gelukkig om daaruit te gekom het. Jammer oor jou voertuig se skade. Gaan lees jou versekering se fynskrif. In baie gevalle dek hulle nie skade weens onrus of te wel openbare geweld nie. Hoop nie vir jou part dat dit die geval is nie.

Poot ·

Moet my ook nie vertel jy kan ‘n kar bekostig maar nie derde party versekering nie. Dis hierdie mense wat in jou vasry en geen versekering het nie. Die uiteinde van die saak is dat jy wat versekering het die gevolge dra. Jou premie gaan op, die bybetaling is jou eie verantwoordelikheid, en dit kos jou hofsake om die onversekerde tot verantwoording te bring.
Maak my naar.

charl ·

My voertuig is ‘n 1997 mazda bakkie. Ek skuld niks op hom nie. Ek is een van daai wat nie kan bekostig om versekering uit te neem nie. Ek ry amper nie met hom nie. Ek kan R200 se diesel ‘n maand ingooi. Gelukkig het ek sedert ek my lisensie in 1989 gekry het nog nooit in iemand vasgejaag nie. Hoop jou naargeid is gou verby.

Chewy ·

Poot, luister nou baie mooi want lyk my nie jy verstaan nie. Daar is werklik mense wat nie eers kan bekostig om R20 pm vir versekering te betaal nie. Moet nie hier kom staan en praat van dinge waarvan jy niks weet nie, want duidelik het jy nog nooit gesukkel nie. En as daai dag kom, gaan jy bitter sleg voel oor jou kommentaar hier. Ek weet nie wie dink jy is jy nie.

Asjas ·

Ek voel veiliger IN my kar dankie. Imagine as ek daar uitklim wat gaan daai lot met my wit bas aanvang!! Sal ry tot my rims flenters is maar daar gaan ek weg kom.

Susan ·

Ok so kom ek dan in die situasie. AA se klim uit en verlaat toneel!!! Right waarheen hardloop ek?? Ek is dalk omsingel! Nee wat ek ry my ou karretjie deur hulle met spoed. Ek het assuransie wat vir onluste en brand ook dek.

Barry ·

Ek stem saam. Gebruik jou motor as jou wapen want hulle het dan wapens. My motor is in alle gevalle viniger as my voete.

Regtig? ·

Daar is baie mense wat ry sonder versekering. Dit is regtig nie so moeilik om te glo nie. Beteken nie omdat jy n kar het dat jy die versekering ook kan betaal/bekostig nie. Ons land het nie betroubare publieke vervoer nie. Ek se dit nie reg om sonder versekering te ry nie. Irriteer my net so bietjie dat sommige mense soos Poot dit nie kan insien nie. Snob… Daar is mense wat swaar kry.

Nics ·

Regtig? Nee man niks met snobisme te doene nie hoor. Mense kan werklik sny as hulle net goed beplan. Wat a sso een in jou vasry? sal jy nog dink dis snobisme om nie evrsekerignt e hê nie. Daar is sovele opsies deesdae mens kan regtig maar probeer sien of daar iets is wat vir jou kan werk. Moet jy nou nie naar wees nie hoor

Chewy ·

Nics, lyk my jy weet ook nie van swaar kry nie. Wat verstaan julle nie daarvan nie? Daar is mense wat nie eers inkopies kan doen wat hulle n hele maand gaan hou nie maar nee, mens kan mos goed beplan. Verduidelik jy dan nou vir my, n persoon kry n salaris van R 3200pm. Sy huur is R2500pm wat hom los met R700. Nou het daardie persoon nog nie eers kos gekoop vir sy gesin nie. Beplan goed laat ek kan sien.

Annatjie Z ·

Jammer ek wil ook graag hier ‘n eier le. As ‘n person ‘n voertuig ry se vir ‘n klompie jare en dit is afbetaal maar nou is die person in so ‘n situasie dat hy net ‘n maandelikse inkomste van die Staat kry naamlik R1500-00 p.m. hy moet oorleef ens. Jammer Poot hoe kry so ‘n person dit reg om versekering uit te neem. Mag hy dan geen sins met sy ou voertuig ry nie omdat hy nie ‘n versekering kan bekostig nie en eerder die geldjies wat beskibaar is vir oorlewing gebruik. Ag nee begin jou verstand gebruik. Hoeveel ander is daar wat roekeloos bestuur, dronk bestuur ek kan baie op noem is hulle kwyt geskeld as hul ‘n versekering het en iemand se dood veroorsaak het. Nee man kom by asseblief.

Uys ·

Gebruik jou vuurwapen as jy dit binne die wet kan doen. Beskerm jouself. Hul kom met wapens, klip,graaf, byl of wat ook al. Hoekom mag ek nie myself en besitiings beskerm nie.

Ben ·

Al het jy versekering kan jy nie jou ryding vervang met dit wat aan jou uitbetaal word nie.

THEA SWART ·

ek is ook ongelukkig een van die wat nie ‘n versekering op my kar het nie – ek kan dit nie bekostig op my salaris en petrol uitgawes nie – ek het dit eenvoudig net nie – as iemand aan my versekering kan verkoop vir R5 sal ek dit kan bekostig wat van ons – ek is vrou alleen met geen ander inkomste nie wat staan my te doen?

John ·

Kan ons nou die SABC dagvaar omdat hulle inligting oor brandpunte van ons gaan weerhou? Snelwee moet meer deurgange na die anderkant he, vir terugdraai ( te laat…). Werk bietjie uit hoeveel geld gegenereer waansin en misdaad in ons land.

Ig ·

Grap van die jaar-Bel die Polisie.Jy het NOU hulp nodig ,nie oor 3 dae nie.

Francis Linstrom ·

Ja, en hoe sal ons nou weet watter roetes om te vermy, aangesien die onluste nie meer uigesaai mag word nie en ek di k die rede daarvoor is omdat dit die wetgewers se eie mense is wat so aangaan.

arizona ·

Nics ek is n enkel mamma van 2 wat geen hulp kry van my kinders se pa af nie. Ek het n ou kar en kan skaars op my salaris alles voorsien wat ek en my kinders benodig. Glo my as ek klaar my huur, my kinders se skool en kos gekoop het vir die maand is daar niks oor om nog versekering ook te betaal nie. Ek kannie eers n mediese fonds bekostig nie. Dink asseblief voordat jy dinge kwyt raak waarvan jy duidelik geen benul het nie. Nie almal van ons is ryk en is gebore met n silwer lepel in die mond. Van ons probeer net van dag to dag kom.

dekorte ·

vroutjie, baie van ons is in daai bootjie, mar as ek moet kies tussen, my kinders, ouerloos te laat omdat ek my karretjie nie kan verloor nie, , en my kar te los?? LOS EK MY KAR, liefde is meer werd as geld

Bernice ·

Party mense verstaan nie wat dit is om te sukkel nie. Ek moes 2 maande terug alles, soos in alles kanseleer sodat ek net n dak oor my kop kan hou. Medies, begrafnis, you name it. Kom praat weer die dag as jy nie meer weet waar om te sny sodat jy ten minste krag en brood kan koop.

Chewy ·

Bernice, ongelukkig verstaan mense dit nie. Nie tot hulle self in so situasie beland het nie. Ek sien hoeveel aanmerkings dat dit twak is dat mense nie versekering kan bekostig nie. Duidelik het hierdie mense nog nooit n dag of twee moes gaan sonder kos in die huis nie. Daar is mense wat werklik niks het nie. Dan kry jy nog die slim arrogante ouens soos hier bo wat se “jy moet net goed beplan”. Hulle het geen benul waarvan hulle praat nie. G’n wonder die mensdom sit waar hy sit nie. Mense is altyd beterwetend.

Besemstok ·

Ai Ai, mense kan darem maar grootbekkig wees. As daai skare op jou afhardlloop gaan jy hardloop en nie worry oor aarde besittings nie. So nou kies jy? Sit en word verbrand in jou kar of veiligheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.