Stadsjapie ‘maak plan’ om vrou te kry

Rudi Pieters hoop om sy trouvrou deur sosiale media op te spoor. Foto: Verskaf

Rudi Pieters hoop om sy trouvrou deur sosiale media op te spoor. Foto: Verskaf

ʼn Stadsjapie van Hartbeespoort in Noordwes het hom tot sosiale media gewend om sy trouvrou op te spoor.

Rudi Pieters, ʼn siviele ingenieur, het onlangs wyd reaksie op sosiale media uitgelok ná hy bekend gemaak het dat hy op soek is na sy trouvrou. Hy het self ʼn webwerf geskep om die soektog aan te vuur en om belangstellendes ʼn oorsig oor homself te gee.

“Ek het op ʼn dag besef ek ontmoet nie nuwe mense nie. Al my vriende is getroud, en hulle vriende is ook getroud. Ek ontmoet nie meisies nie, en het besluit om myself ’n bietjie blootstelling te gee,” het hy vertel.

Hy het besluit om dit te doen in die vorm van ʼn webwerf en Facebook. “Ek het besluit om dit te doen in die vorm van sosiale media omdat meisies dan alles oor my kan lees waaroor hulle wonder. Op my webwerf het vriende stukkies oor my geskryf, ek vertel meer van myself en ek verduidelik hoe my ideale vrou sal wees.”

Dié vrou moet eerlikheid en opregtheid as die belangrikste eienskappe besit. Rudi sê hy is moontlik nog enkellopend omdat hy dié eienskappe te hoog ag. “Ek dink nie ek het al iemand ontmoet wat dieselfde voel oor familie en vriende soos ek nie. Ek soek iemand met integriteit, en iemand wat jy volkome kan vertrou. Ek is nie bereid om ʼn kompromis aan te gaan wat dit betref nie.”

Hy erken egter dié projek is effens ongewoon. “Ek sal erken dit is nogal vreemd en eiesoortig, maar ek het baie pret gehad met die saamstel hiervan, en dit is presies wat ek wil hê dit moet wees. Dit moet ʼn avontuur wees en ’n storie wat ek op my oudag sal kan vertel.”

Rudi het dit moontlik gemaak vir vroue wat belangstel om hom te kontak op sy webwerf. “As hulle belangstel, moet hulle my gerus nader. Dis seker snaaks, maar eintlik wil ek net my lewensmaat ontmoet. En miskien is dit die manier om dit te doen. Ek sien uit om kontak met almal te maak.”

As jy dink Rudi is jou trouman, of meer wil lees oor dié knaap, besoek sy webwerf of Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eliza-beth

Daar bestaan nie -iets soso die “ideale” man of vrou nie. Elek mens het/maak foute en die lewe skuur mens reg. Vergeet van te veel moets en moenies, jou trouvrou is dalk die vaal meisietjie om die hoek. Een wat al die ander eienskappe min of meer het. Ek het nog altyd gesê solank hy eerlik en vriendelik en getrou is, die res – wel ek sal hom handmak maak : D !! Mens se beste pêl is gewoonlik die een waarmee jy die knoop deurhaak – dit het vir ons gewerk en dis die jaar ons 40e herdenking. Ek… Lees meer »

Theresa

Dapper van jou Rudi! Hoop jy kry baie terugvoer. Mog die siftingsproses een wees van min gebroke harte. Onthou om ons ook te laat weet hoe als vlot – nie op fbook nie.

alida

Common verby !!

NL

Ek hou van die idee… Wie weet dalk skryf ek vir hom, of probeer self so iets…. Mens sal NOOIT weet as jy nie probeer nie! Ek hoop Rudi kry sy “pasmaatjie” :-)

Elize O'Callaghan

Rudi, die huwelik is ‘n eiesoortige lewenservaring. mens kan dit met twee klippe in ‘n rievierstoom vergelyk. sien, die klippe word deur die stroom teenmekaar aangespoel en daar lê en skuur hulle teenmekaar, totdat hulle hul lê gemaklik vind en so sal hul lê totdat die lewenstroom hul weer van mekaar sal skei. Geniet die soektog.
Dingetjie van Namibia