Stadsjapie ‘maak plan’ om vrou te kry

Rudi Pieters hoop om sy trouvrou deur sosiale media op te spoor. Foto: Verskaf

Rudi Pieters hoop om sy trouvrou deur sosiale media op te spoor. Foto: Verskaf

ʼn Stadsjapie van Hartbeespoort in Noordwes het hom tot sosiale media gewend om sy trouvrou op te spoor.

Rudi Pieters, ʼn siviele ingenieur, het onlangs wyd reaksie op sosiale media uitgelok ná hy bekend gemaak het dat hy op soek is na sy trouvrou. Hy het self ʼn webwerf geskep om die soektog aan te vuur en om belangstellendes ʼn oorsig oor homself te gee.

“Ek het op ʼn dag besef ek ontmoet nie nuwe mense nie. Al my vriende is getroud, en hulle vriende is ook getroud. Ek ontmoet nie meisies nie, en het besluit om myself ’n bietjie blootstelling te gee,” het hy vertel.

Hy het besluit om dit te doen in die vorm van ʼn webwerf en Facebook. “Ek het besluit om dit te doen in die vorm van sosiale media omdat meisies dan alles oor my kan lees waaroor hulle wonder. Op my webwerf het vriende stukkies oor my geskryf, ek vertel meer van myself en ek verduidelik hoe my ideale vrou sal wees.”

Dié vrou moet eerlikheid en opregtheid as die belangrikste eienskappe besit. Rudi sê hy is moontlik nog enkellopend omdat hy dié eienskappe te hoog ag. “Ek dink nie ek het al iemand ontmoet wat dieselfde voel oor familie en vriende soos ek nie. Ek soek iemand met integriteit, en iemand wat jy volkome kan vertrou. Ek is nie bereid om ʼn kompromis aan te gaan wat dit betref nie.”

Hy erken egter dié projek is effens ongewoon. “Ek sal erken dit is nogal vreemd en eiesoortig, maar ek het baie pret gehad met die saamstel hiervan, en dit is presies wat ek wil hê dit moet wees. Dit moet ʼn avontuur wees en ’n storie wat ek op my oudag sal kan vertel.”

Rudi het dit moontlik gemaak vir vroue wat belangstel om hom te kontak op sy webwerf. “As hulle belangstel, moet hulle my gerus nader. Dis seker snaaks, maar eintlik wil ek net my lewensmaat ontmoet. En miskien is dit die manier om dit te doen. Ek sien uit om kontak met almal te maak.”

As jy dink Rudi is jou trouman, of meer wil lees oor dié knaap, besoek sy webwerf of Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eliza-beth ·

Daar bestaan nie -iets soso die “ideale” man of vrou nie. Elek mens het/maak foute en die lewe skuur mens reg. Vergeet van te veel moets en moenies, jou trouvrou is dalk die vaal meisietjie om die hoek. Een wat al die ander eienskappe min of meer het. Ek het nog altyd gesê solank hy eerlik en vriendelik en getrou is, die res – wel ek sal hom handmak maak : D !! Mens se beste pêl is gewoonlik die een waarmee jy die knoop deurhaak – dit het vir ons gewerk en dis die jaar ons 40e herdenking. Ek hoop jy vind Mej Reg.

Theresa ·

Dapper van jou Rudi! Hoop jy kry baie terugvoer. Mog die siftingsproses een wees van min gebroke harte. Onthou om ons ook te laat weet hoe als vlot – nie op fbook nie.

Sumari ·

Nou ja kom ek stel dit beter voor Maroela weer kommentaar verwyder. Moet dit dan nie lees as dit vir jou common is. Ek dink dis ‘n oulike idee

Annie ·

GLAD NIE COMMEN NIE!!! Dink dis n vrek oulike idee en as ek nog nie my trouman ontmoet het nie het ek wragtig jou idee gesteel. Ek het n jaar wn n half terug die liefde van my lewe by die week ontmoet. Ek het ook soos Rudi gevoel. Nooit nuwe mense ontmoet nie en al my vriende en vriende se vriende was getroud en ek was op n stadium moedeloos. Maar God is goed en getrou en ek het my hubby to be by die werk ontmoet. Baie sterkte aan jou Rudi. Ek is 110% seker dat jy jou trouvrou gaan ontmoet ;)

Truidie ·

Hoekom sê jy dis common? Ek neem aan dat jy reeds jou lewensmaat ontmoet het? Dan sal jy nie verstaan hoe frustrerend dit is om in jou dertigs nuwe, enkellopende mense te ontmoet wat jou waardes en belangstellings deel nie. Mens is ook verby die tyd, of het dit nooit gehad nie, wat mens in `n kuierplek wil gaan rondlê. As dit mens dan common maak, moet dit maar so wees.

NL ·

Ek hou van die idee… Wie weet dalk skryf ek vir hom, of probeer self so iets…. Mens sal NOOIT weet as jy nie probeer nie! Ek hoop Rudi kry sy “pasmaatjie” :-)

Elize O'Callaghan ·

Rudi, die huwelik is ‘n eiesoortige lewenservaring. mens kan dit met twee klippe in ‘n rievierstoom vergelyk. sien, die klippe word deur die stroom teenmekaar aangespoel en daar lê en skuur hulle teenmekaar, totdat hulle hul lê gemaklik vind en so sal hul lê totdat die lewenstroom hul weer van mekaar sal skei. Geniet die soektog.
Dingetjie van Namibia

Louise ·

Ek weet nie.
Daar is soveel “CONARTISTS” dat dit moeilik is om te se waarne mens opsoek is.
Ek glo dat wanneer mens hulle 6de sintuig gebruik sal die res volg.
As daai stemmetjie se nee hardloop en as hy se ja kyk maar oor die klein simple foute.
Almal maak maar foute en soek iemand Mej perfek, maak dan maar seker jy is Mnr perfek.

Tascha ·

Wow! Rudi ek hoop sowaar jy kry die EEN waarvoor jy nog al jou lewe lank wag die een wat die Here spesiaal vir jou uitgesonder het. Baie sterkte met hierdie dapper journey jy’s enige meisie se droom man!!!

Ronel ·

Hou van ‘n man wat ‘n plan kan maak!
Mag die regte vrou nou net ook kreatief genoeg wees om die man se aandag te vang.
Lank lewe die Liefde! ;-)

Danélle ·

Ag wow!! Dis vrek oulik! Goed vir jou Rudi…eks seker jy sal geseën word met die perfekte deksel vir jou pot!

EMK ·

Nou ja, ek sou dit nou nie so doen maar good luck aan jou. Ek stem nogals met Eliza-beth – die lewe is nie maklik en getroude lewe is een groot aanpassing en beide partye moet 110% gee. Te veel verwagtinge kan teleurstelling bring. Wees oop vir die ervaring, die ander se standpunt, en dat mens maar mag anders dink as die ander party. Moenie kwaad of met sokkies aan gaan slaap nie !

Elize bierbaum ·

Ek haal my hoed af vir jou om so iets te begin moes baie “guts” gekos het. Ek sien nerens jou ouderdom. Vir my is n opregte man met die mooiste en sagste geaardheid die belangrikste. En wat haar kan respekteer .Van daar af kuier mens mos lekker saam

Cornelia ·

Rudi. Ek dink ook dit is braaf van jou.
Mag jy jou droomvrou vind.
Jou hond het so hartseer uitdrukking op die gesiggie. So asof hy/sy pleit dat iemand nou asseblief moet kom om deel te kom word van hul lewens. !

Beertjie ·

Ek het verlede jaar getrou met ‘n wonderlike vrou wat 53 jaar vir my gewag het. Sterkte Rudi – die Here voorsien op die regte tyd. Maak nie saak wat jy doen en hoe jy dit doen nie. Mense gaan positief en negatief reageer. Jy weet wat jy wil hê. Jy sal weet wanneer die regte een opdaag. Dis wat mens liefde noem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.