Stap saam teen geweld


Sisters with Blisters is vanjaar al tien jaar aan die gang en bied jaarliks ’n staptog aan wat saamval met die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Die idee agter dié staptog is nie net om aandag te vestig op die geweld wat vroue en kinders in Suid-Afrika verduur nie, maar om ook vir misdadigers ʼn duidelike boodskap te stuur dat geweld nié aanvaarbaar is nie.

Robyn Farrell, uitvoerende hoof van 1st for Women, sê hoewel dit ʼn saak is wat vroue en kinders raak, is almal welkom om saam te stap. “Mans, kinders en selfs honde (wat nie byt nie) is welkom.”

In jou hakke stap?

“Hakskoene raak al hoe minder soos wat die jare aangaan, maar ons vind dat mans eintlik meer in hulle hakke en kort rokkies stap. En die meeste van hulle het fantastiese bene!” Robyn meen ook dat dié staptog al ʼn instelling geword het en dat daar elke jaar ʼn wonderlike gees heers. “Ons kry baie mense wat sommer saam in ʼn groep stap en wat T- ook hemde laat druk. Die ondersteuning is ongelooflik.”

En die boodskap aan slagoffers?

“Jy hoef nie te bly waar jy is nie, daar is ondersteuning beskikbaar. Jy gaan baie braaf moet wees om die eerste stap te neem, maar dis ʼn nodige stap om jouself en jou gesin te genees.”

Skakel 800 428 428 (0800 GBV GBV) as jy ʼn slagoffer van geweld is. Besoek ook 1st for Women se webblad om meer inligting te kry oor wat jou regte is.

Die staptog vind op 21 Novemeber om 08:00 by die Steyn City Lifestyle Resort in Fourways, Johannesburg, plaas. Kaartjies kan aanlyn gekoop word tot en met 10 November. Daar sal geen registrasies op die dag gedoen word nie omdat daar soveel mense is wat deelneem. Koop jou kaartjie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JWK ·

Ek ondersteun hierdie aksie glad nie. Wag net gou, voor jy jou gasket blaas…. Ek voel dat die organiseerders en lede wat dit ondersteun, “erken” dat net mans hierdie geweld (misdaad) teen (slegs) vroue en kinders pleeg. MAW mans is die geweldenaars en sleg vroue en kinders die slagoffers. STOP GEWELD!! ………..deur almal; teen almal

Rina Pretorius ·

JWK Ek stem saam met jou, geweld moet in sy geheel deur almal gestaak word, wit swart maak nie saak nie. Los sommer die rasse haat en plaasmoorde ook dis alles geweld gebasseer, ons het kalmte en vrede nodig nou

Ben ·

Waar is ons Swart gemeenskap? Hoekom sien ek so min van hulle op fotos tydens die optog? Vrae maar net.

vermeende ·

Hierdie tipe goed ondersteun ek glad nie. luister my uit.
Die mense wat hulle skuldig maak aan enige gewed misdaad is ook die enigste mense wat dit kan stop.
Dink julle regtig wit en pienk balonne in ‘n optog met ‘n karnaval atmosfeer gaan hulle van plan laat verander as tronkstraf dit nie eers kan regkry nie………nee wat, jy sis jou gewete om te kan se, maar ek het my deel gedoen en deel geneem.
Die hele SAPD se houding en die gereg moet verander voor dit kan gebeur.
Ek wonder net hoeveel van die mense is ook vurige kampvegters vir mense regte?
Ek glo ‘n hele klomp van dieselfde gesigte gaan jy by ‘n optog sien wanneer daar betoog word oor ‘n misdadiger wat in die tronk verkrag word omdat hy ‘n babatjie verkrag het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.