Stem dat SA’ners die son moet wen

Beat the Sun. Foto: Facebook via Asics

Beat the Sun. Foto: Facebook via Asics

Van die wêreld se topatlete tesame met amateurdrawwers gaan op 21 Junie, die langste dag van die jaar in die Noordelike Halfrond, die kans kry om aan Asics se Beat the Sun-veldwedloop deel te neem.

Atlete in dié veldwedloop, wat plaasvind in Chamonix in Frankryk, gaan presies 15 uur, 41 minute en 35 sekondes hê om die wedloop te voltooi voor die son ondergaan.

Asics, die vervaardiger van drafskoene- en klere, het onlangs die 50 finaliste vir dié veldwedloop op sy webwerf bekendgestel waar die publiek vir die drawwers kan stem om as deel van agt groepe van drie drawwers elk aan die besonderse wedloop deel te neem.

Die oefenprogram vir die wedloop het reeds in Februarie vanjaar begin.

Van die topatlete onder die finaliste is onder andere die Amerikaanse maraton-rekordhouers Ryan Hall en Deena Kastor. Kastor het in 2004 ʼn brons medalje in die Olimpiese maraton verower en Hall is die rekordhouer vir die vinnigste maraton deur ʼn Amerikaner met ʼn tyd van 02:04:58.

Drie amateur Suid-Afrikaanse atlete tel ook onder die 50 finaliste wat moontlik aan die Beat the Sun-veldwedloop kan deelneem.

Corli Leonard werk by die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie en woon al agt jaar in die Wes-Kaap. Sy is tans die voorloper van die drie Suid-Afrikaanse finaliste. Tumi Matlou woon in Johannesburg en is ʼn skakelbeampte. Mbulelo Thinta, ’n student, wedloop-kommentator en motiveringspreker, woon in Port-Elizabeth.

Die topatlete uit Afrika is Carla van Huyssteen van Suid-Afrika, Gladys Kipsoi van Kenia en Givemore Mudzinganyama van Zimbabwe.

Lesers kan vir die amateuratlete stem, maar Asics bepaal self wie die topatlete gaan wees wat uiteindelik gaan deelneem.

Stem hier vir jou gunstelingdrawwer om die “Son-wedloop” te wen. Besoek die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.