“Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”
Nuutgemaak, oorgedoen, radikaal anders, die nuwe het die plek van die oue ingeneem, so lyk mense wat aan Christus behoort. Die vaal winterlewe transformeer tot ‘n bloeiende lentelewe. Christene lyk soos die lente: nuut, mooi, skoon. Wees vandag ‘n nuutgemaakte lente Christen, want jy behoort aan Christus! (Lees 2 Korintiërs 4-5)
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek hulle webtuiste hier.