Jesus sê: “Ek het na hierdie wêreld toe gekom om die mense voor ‘n BESLISSING te stel sodat dié wat nie sien nie, kan sien…”
Johannes 9 vertel vir ons hoe die genesing deur Jesus van ‘n man wat blind gebore was, mense verdeel oor Jesus in hulle lewe. Van die Fariseërs reageer heftig: “Hierdie man (Jesus) kom nie van God nie.” Die blinde man wat kan sien, reageer met: “Ek glo, Here!”…”en hy het Hom aanbid”.