Lees vandag asseblief weer Psalm 23. Lees dit sommer ‘n paar keer oor en oor.
Soos vir koning Dawid wil die Here ook vandag jou Herder wees. Hy wil jou lei, beskerm en troos maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Rus by Hom in jou gejaagde wêreld. Kry jou krag vandag by Hom. Jesus het ook vir ons kom sê: “Ek is die goeie Herder.” Hy het jou so lief dat Hy sy lewe vir jou gegee het.