10 Julie 2011

…en Jakob het die plek Pniël genoem, “want”, het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.” Genesis 32:30

Waar daar ‘n ware ontmoeting met God is, verander alles! Jakob en ‘n man (God) stoei met mekaar. “Die man het gesê: ‘Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel’… en Jakob het gesê, ‘ek het God … gesien…” Voordat Jakob by sy broer kon uitkom, moes hy eers by die Here verbykom. ‘n Nuwe naam, ‘n nuwe opdrag, ‘n nuwe lewe – ‘n ontmoeting met God maak alles nuut, ook vir jou! (Lees Gen 32-33)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.