Stefanus was “’n man met ‘n vaste geloof en vol van die Heilige Gees … aan wie God baie genade en krag gegee het.”
Dit het van hom een van die grootste getuies gemaak en word hy ook die eerste martelaar wat vir sy geloof sterf. Getuie en martelaar kom van dieselfde Griekse woord. Is ons bereid om getuies, selfs martelare te wees t.w.v. die verspreiding van die evangelie? (Lees Handelinge 6-7)