12 Maart

HOOP gevestig op God. “Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.” (Psalm 143) Hoop moet altyd deel wees van ons lewenspad wat ons elke dag loop. Sonder hoop het ons nie rigting nie. As God jou padwyser is, het jy hoop. God loop saam met jou, Hy gee vandag aan jou rigting en Hy is ook die eindbestemming van jou pad. Vestig al jou hoop op Hom!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.