“Hou jou ore oop vir die WYSHIED… KENNIS begin met die dien van die Here… Vertrou volkome op die Here en moet nie op jou eie INSIGTE staatmaak nie.”
Ons almal het behoefte aan lewenswysheid. Spreuke vertel waar dit gekry kan word en hoe dit lyk. Ons wysheid moet plek maak vir God se wysheid en kennis en insig. Leer elke dag by Hom en leef met wysheid. (Lees Spreuke 1-4)