14 Julie 2011

Toe het Josef haastig padgegee om eenkant te gaan huil, want sy gemoed was vol oor sy broer. Josef is na sy kamer toe en hy het daar gaan huil. Genesis 43:30

Liefde oorwin altyd die kwaad! Josef  kon kies om weerwraak te neem nadat sy broers hom wou doodmaak, maar toe later verkoop het. Sy liefde vir sy eie familie en verlange na hulle is egter sterker as om hulle terug te kry. Toe hy na 20 jaar weer vir Benjamin sien, het “hy eenkant gaan huil, want sy gemoed was vol oor sy broer.” Onthou Jesus se woorde dat ons selfs ons vyande moet liefhê. (Lees Gen 43-44)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.