Juda se godsdiens is baie oppervlakkig en die Here roep vir Jeremia as profeet.
Sy taak is lewensgevaarlik. Jeremia se eerste reaksie was: “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.” Maar die Here antwoord: “Moenie bang wees nie, WANT EK IS BY JOU.” Ons almal, oud en jonk, word ook steeds vandag geroep om getuies van Hom te wees. Sy belofte “Ek is by jou” is vandag ook vir jou bedoel. (Lees Jeremia 1-3:5)