19 Julie 2011

Die bloed aan die huise waarin julle is, sal ‘n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. Eksodus 12:13

“Waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan.” Die lam en die bloed wat God as tekens van bevryding aan die Israeliete uit Egipte gegee het, was tekens van ‘n baie groter verlossing wat sou kom. Jesus was die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! God se oordeel sal ook elkeen “oorslaan” wat aan Jesus behoort! Dank Hom deur Hom elke dag in die sentrum van jou lewe te plaas! (Lees Eks 12:1-42)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.