Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Eksodus 14:13
Die Israeliete is “getoebroodjie”. Die Egiptenare is agter hulle en die Rooi see voor hulle! Krisis! Moses se geloof word ten uiterste getoets, maar hy lei die volk beslis en met vaste geloof: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red… Bly julle maar net kalm. Die Here sal vir julle veg.” Jy kan God ook vandag volkome in jou krisisse vertrou, bly maar net kalm. (Lees Eks 13:17-14:31)