Die engel sê vir Maria: “God bewys genade aan jou… jy sal ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee… aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
Hierdie bode uit die hemel kom met die beste nuus ooit die wêreld! Die Verlosser (Jesus beteken Verlosser) en Koning vir die wêreld is op pad! Deur Jesus kan God sy doel met jou en my bereik. Is Jesus ook jou Verlosser en Koning? (Lees Lukas 1)