21 Julie 2011

“Julle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het. Eksodus 19:4

“Ek het julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring.” Hoe kan Israel, en ons, Hom ooit daarvoor dankie sê? Volgens die riglyne wat Hy in die 10 gebooie gee, moet ons Hom bo alles liefhê, maar ook ons naaste liefhê. God dra jou veilig op arendsvlerke, jy reageer deur jou verhouding met Hom en met jou naaste. Is liefde te veel gevra vir wat Hy elke dag vir jou doen? (Lees Eks 19:1-20:21)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.