24 Julie 2011

Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom nader, luister na die woorde van die Here julle God!” Daarna sê hy: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete sekerlik sal verdryf om vir julle plek te maak: Josua 3:9-10

“Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is.” Op pad, met baie gevare, trek God saam met sy volk Israel vanaf Egipte na die beloofde land. Hy maak die pad oop voor hulle en hulle trek droogvoets deur die Jordaanrivier. Hy is tussen hulle! Later is Hy nog meer tussen sy kinders toe Jesus (Immanuel, God met ons) gebore is en toe die Heilige Gees tussen elkeen van ons kom woon het. (Lees Josua 3-4)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.