25 Julie 2011

Toe skreeu die manskappe en die ramshorings blaas. Net toe die manskappe die ramshorings hoor, het hulle die aanvalskreet hard uitgeskreeu. Toe stort die mure inmekaar en die manskappe gaan oor, die stad in. Hulle het die stad ingeneem Josua 6:20

Deur ons gehoorsaamheid kan God die onmoontlike moontlik laat word! “Jerigo was verskans teen die Israeliete… toe stort die mure inmekaar…” Josua en die Israeliete gehoorsaam wat die Here vra en loop vir sewe dae om die stad, skreeu en blaas die ramshorings. As God met jou ‘n pad loop (en jy met Hom), sal Hy die hoogste berg, grootste hindernis en probleem klein laat word. Gehoorsaam Hom net! (Lees
Josua 5:13-6:27)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.