“Maar ‘n Samaritaan… het hom innig jammer gekry.”
Rowers het ‘n man halfdood geslaan. Toe twee verbygangers hom sien, het hulle gekies om “ver langs verby te gaan”. Daar was egter wel iemand wat hom “innig jammer gekry het… sy wonde verbind het” en hom na ‘n kliniek geneem het. Jesus sê: “Gaan maak jy ook so.” Liefde vir “jou naaste soos vir jouself” is die kern van ‘n Christen se lewe. (Lees Lukas 10:25-37)