“Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was… verlore, en ons het hom teruggekry.”
Verloor – terugkry – blydskap! In Lukas 15 lees ons van die groot blydskap toe die skaap, die muntstuk en die seun wat weg was, gekry is. Jesus het gekom om almal wat “weggeraak” het, te soek. Was daar in die hemel al blydskap omdat jy ook terug, na die fees, gekom het?