Hier volg die verhaal van Noag. Noag was ‘n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef. Genesis 6:9
“Noag is deur God begenadig… Noag was ‘n regverdige man… onberispelik en hy het naby God geleef.” Die Here was hartseer dat die mense wat Hy gemaak het, teen Hom gedraai het. God wis hulle uit deur ‘n watervloed, maar spaar vir Noag. Leef vandag soos die Here wil, onberispelik en naby Hom en jy sal ook sy genade ervaar. (Lees Genesis 6:5–7:24)