“Ek is die opstanding en die lewe… en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”
Hierdie diep gesprek van Jesus met Marta vind plaas nadat haar broer Lasarus begrawe is. En toe Jesus nog vir Lasarus lewend maak, bevestig Hy verder dat Hy gekom het om LEWE te gee asook die EWIGE LEWE! Kan ek ook vir jou vra soos Jesus vir Marta gevra het: “Glo jy dit?” (Lees Johannes 11)