30 Julie 2011

Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê ‘n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.” Rut 1:16-17

“Waar u gaan, sal ek gaan;waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God.” Dit is Rut ‘n Moabiet se bekende woorde aan haar skoonma, Naomi, ‘n Isrealiet. Dit vertel van lojaliteit, maar ook ‘n keuse vir die ware God. En Rut word later die oumagrooitjie van Dawid! God werk deur die alledaagse lewe en Hy  is besig met sy plan van verlossing vir die wêreld! Lees hierdie mooi verhaal in Rut 1-4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.