“Dit is my liggaam wat vir julle gegee word… (en) my bloed wat vir julle vergiet word.”
Let op die werkwoorde: Jesus het sy liggaam vir jou GEGEE en sy bloed vir jou VERGIET. Twee keer word ook gesê: “vir julle”. Gegee – vergiet – vir jou! Sy dood maak dat jy vandag in ‘n nuwe verhouding (verbond) met God kan leef! Jesus het dit gedoen: ook VIR JOU! Laat jou lewe vandag daarvan getuig. (Lees Lukas 22)