“Dit is volbring!”
Hierdie is seker die mees betekenisvolle woorde ooit op aarde deur iemand uitgespreek! Net voor Jesus sterf sê Hy: Dit is volbring, wat beteken “dit is opbetaal”! Alles is vir ons sondes betaal, volledig, 100% – toe Jesus daar aan die kruis gespyker is. Hy het sy taak voltooi! Leef elke dag as vrygespreekte. Vier jou vryheid deur in Jesus se voetspore te loop. (Lees Johannes19)