Salomo bou vir God ‘n tempel, ‘n huis, waarna “ die magtige teenwoordigheid van die Here” die tempel vul.
Die tempel was die teken van die Here se teenwoordigheid by sy volk. 1 Kor. 3:16 sê: “Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?” Ons is vandag God se tempels en huise waarin Hy wil woon. Mag sy “magtige teenwoordigheid” ons ook elke dag vul. (Lees 1Konings 8-9:1)