Gedagte vir die dag: Aan ander

Ma_kind_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. (Lukas 6:31)

Die opdrag is eenvoudig. Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. Verhang die bordjies. Staan in die ander persoon se skoene. Dis wat Christus van elke Christen verwag, en dit maak nie saak of die persoon jou vriend, ’n vreemdeling, iemand wat al vir jou goed was of ’n vyand is nie. Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.

Dit is makliker gesê as gedaan, maar dit baan die weg sodat Christus gesien en bekendgemaak kan word. ’n Klein daad met die potensiaal om ewige gevolge te dra. ’n Daad om Christus op die voorgrond te plaas en ’n daad waardeur jy weier om die rede te wees dat iemand anders struikel.

Maak jou liefde vir Christus die motivering agter alles wat jy doen.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.