Gedagte vir die dag: Aan mý kant

vriendinne_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Omdat God aan die kant van die regverdiges is, sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie. (Psalm 14:5-6)

Dis wonderlik hoe eenvoudig en reguit Dawid die lewe sien – soos dit maar in daardie tye was. God is aan die kant van die regverdige en dit is dit. Kom ons staan by hierdie stelling – want dit is die waarheid – sonder om akademies te raak oor God wat ook eintlik aan almal se kant is en so aan. Ja, aanvaar net hierdie feit: God is aan my kant. Skryf dit maar in jou dagboek of op jou notabord. Dis nou te sê as jy ’n “regverdige” is, nie waar nie?

Wat is ’n regverdige? ’n Regverdige is nie een wat sonder foute is nie, maar een wat sy foute maar te goed ken en by God gaan redding soek daarvoor. Dis een wat weet hoe afhanklik hy is, wat God sy toevlug maak. So een is – deur Christus – regverdig gemaak. As jy in ’n stryd is, onthou wie aan jou kant is. God is! Laat dit jou sterk maak.

Dankie, genadige God, dat U so onverdiend en onvoorwaardelik vír my is. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.