Gedagte vir die dag: Aan wie hou jy vas?

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek maak staat op u troue liefde. Ek wil juig omdat U my gered het. (Psalm 13:6)    

Mense het verskillende dinge waaraan hulle vashou wanneer dinge verkeerd loop. Sommige mense dink aan iemand wat hulle liefhet en altyd daar is vir hulle. Ander dink aan hulle suksesse van die verlede en dan is daar dié wat verby die pyn kyk en dink aan die werk wat hulle hoop om te voltooi. Dan is daar mense wat na God toe draai. Hulle ervaar ’n liefde wat hulle nooit in die steek laat nie.

Hoe laag jy ook al gedaal het, hoe diep jy ook al gesink het en hoe rampspoedig jou situasie ook al is, jy kan op God vertrou. Soek Hom, vind Hom en hou onlosmaaklik aan Hom vas. Hy is die enigste Een wat vir ewig standhou.

Hemelse Vader, soos die psalmdigter vertrou ek op u onfeilbare liefde. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.