Gedagte vir die dag: Aanbidding

man-kniel-gebed.jpg

Foto: Imgarcade.com

Dien die Here met eerbied. (Psalm 2:11)

Ons is geskep om God te aanbid. In ware aanbidding is God al wat saak maak. Ware aanbidding is geestelik; ons is in die Gees. Die Heilige Gees in ons moet die lewe van die verheerlikte Jesus wees soos dit in Psalm 66:1-4 uitgedruk word: “Juig tot eer van God! Sing tot eer van sy Naam! Gee Hom eer en lof. Sê vir God: ‘Hoe ontsagwekkend is u werke! Almal op die aarde sal U aanbid; hulle moet sing tot u eer en lofsing tot eer van u Naam.’”

Here in die hemel, ek aanbid U, ek vereer U. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.