Gedagte vir die dag: Aangetrokke tot die lig

kruis-02

Foto: Geralt/Pixabay.com

Ek besef hoe belaglik die boodskap van die kruis moet klink vir hulle wat verlore gaan. Maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God. (1 Korintiërs 1:18)

Ek is seker jy het al opgemerk hoe lig insekte aantrek. Wanneer ons vir Jesus leef, word mense gelok na die lig wat ons uitstraal. Dwight L. Moody, die bekende Amerikaanse prediker van die 19de eeu, het gesê: “Ons word aangesê om ons lig te laat skyn, en as dit skyn, sal ons vir niemand daarvan hoef te vertel nie. Vuurtorings vuur nie kanonne af om die aandag daarop te vestig dat hulle skyn nie – hulle skyn net.”

Moody het baie mense verras toe hy ’n suksesvolle evangelis vir God geword het. Hy het net tot Graad 5 skoolgegaan en op 17 na Chicago getrek om werk te gaan soek. Hy het besluit om sy lewe aan die Here te wy en het by ’n kerk om lidmaatskap aansoek gedoen, maar is afgekeur. Daarom het hy in die arm buurte van Chicago gaan werk. Binne enkele maande het hy ’n Sondagskool met meer as 500 kinders bestuur. Sy Sondagskole het so suksesvol geword dat selfs president Lincoln hulle besoek het.

Dit maak nie saak hoeveel geld jy het of wie jy is nie – die enigste kwalifikasie wat jy nodig het om God te dien, is ’n begeerte om deur Hom gebruik te word.

Here, ek wil mense deur die manier waarop ek lewe na U toe lok. Wys asseblief vir my waar ek ’n verskil in hierdie wêreld kan maak. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.